Valse Christelike Beloftes.
Het jy al gesien hoe mense Christus in die wolke sien.
Mat 24:23-26 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.
Daar is selfs `n godsdiens groep wat beweer dat Jesus al klaar gekom het.
Gevaar van “valse christelike beloftes” Afgode omdat hulle God nie sien nie.
Exo 32:3-5 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.
Num 21:6-8 Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe. En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid. Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ‘n giftige slang en sit dit op ‘n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
Hulle aanbid baie afgode maar nie God nie, omdat hulle `n god wil sien. Hulle glo nie in die onsienlike God nie.
2Kon 18:4-6 Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op dié dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehústan genoem. Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie. Ja, hy het die HERE aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het.
Mense glo in baie dinge behalwe aan God! Die gegote kalf was die begin waar mense laag gebuig voor hulle afgode, soos hulle nog vandag doen, miskien nie voor `n goue kalf nie maar voor gode wat nie bestaan nie. Net so verdraai mense godsdiens en aanbid nie God nie. God het vir Moses opdrag gegee om `n koperslang op die paal te sit om die volk te genees. Toe aanbid hulle die kopperslang en nie God van wie die genesing kom nie. Net so gebruik valse leeraars halwe waarhede in die Woord en lei mense op `n dwaalweg van God.
Jer 11:20 Maar, o HERE van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
God se wette staan vas en kan nie verander nie. Jou geloof en siening het geen krag nie, en jy kan dit ook nie gebruik as `n verskoning nie. Wat geskrywe is is geskrywe en dit staan vas. Die Woord of jou Bybel is God se Woord wat van God die Vader kom en kan nie heroep word nie!
Joh 12:48-50 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
Hoekom verdraai mense God se woord?
Hoekom glo hulle alles maar nie God se woord nie?
1Kor 2:14-16 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
Jy moet eers by God uitkom, en die Heilige Gees vra om jou te lei voordat jy die geestelike dinge sal kan verstaan. Moenie mense en hulle stellings volg nie; ondersoek God se Woord en gehoorsaam God se Woord want dit is die Woord van God wat jou gaan oordeel. Oordeel elke boodskap met die VOLLE waarheid van God se woord voordat jy dit aanneem. Jou siel is kosbaar wees versigtig die ewigheid is lank.
1Joh 5:7-9 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig. As ons die getuienis van die mense aanneem—die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het.
Op die aarde getuig die Woord (Toepasing), die Heilige Gees (gehoorsaamheid) en die Bloed (jou aanneeming van Jesus se vergifnis op Golgota)
Hierdie drie getuies is eenstemmig almal is vir jou of almal is teen jou!
Kom ons kyk na verskeie verkeerde leerings:
1 Bekering:
Valse bekering
As jy die Here aangeneem het is jy altyd reg, jou sondes is vergewe; dit wat jy gedoen het sowel as jou toekomstige sondes. Eenmaal gered altyd gered”
Esg 18:24 Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen—sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
Moontlik dink jy “Daar is nie hoop vir my nie, ek dra die sonde van my vader”
Esg 18:19-22 Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring—hy sal sekerlik lewe! Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees. Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.
Moontlik glo jy: “Al wat God van my verwag is dat ek in Hom moet glo, want dit staan so geskrywe in die Bybel.”
Joh 3:16-18 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Lees verder in Johannes 3
Joh 3:33-36 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
1Joh 2:3-6 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.
Moontlik dink jy “Ek het die Here aangeneem nou is my saak met God vir altyd reg!”
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Mat 24:12-13 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Ons is in `n geestelike geveg teen die bose en teen ons menslike natuur en begeertes.
Openb 3:5-6 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Nadat jy Jesus aangeneem het, het jy die reg om kind van God te word, jy is nog nie kind nie.
Wanneer is jy dan kind van God?
Wanneer Jy God volle beheer van jou lewe gee. Wanneer jy nie meer in beheer is van jou lewe nie maar God die beheer oorgeneem het!
Rom 8:14-17 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Bekering:
Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Eers die bekering:
Mat 4:17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Bekeer in Grieks is: metanoeô; wat beteken om jou siening te verander of anders te dink oor jou huidige lewe. Of om jou lewensrigting te heroorweeg.
Hand 2:38-39 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
Doop die Grieks daarvoor is Baptizo; wat beteken om heeltemal nat te word of om te was.
Hand 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
Water
Rom 6:1-6 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Gawe van die Heilige Gees
Rom 8:5-11 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Daar is tekens wat uitwys dat jy gedoop is met die Heilige Gees
Mar 16:16-17 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Hand10:44-47 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
Hand 19:2-6 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Vergifnis
Vergifnis is belangrik. Dit is moeilik om mense te vergewe wat hulle aan jou gedoen het; maar wat het jy aan God gedoen en jy verwag dat Hy jou moet vergewe? Net so moet jy mense vergewe want as jy nie vergewe nie kan God jou nie vergewe nie!
Mat 6:14-15 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Wanneer jy mense vergewe maak jy jouself vry sodat hulle geen houvas op jou het nie, wat hulle gedoen het sal God met hulle deel, as Hy hulle vergewe is hulle ook vry van dit wat hulle gedoen het.
Maar die moeilikste om te vergewe is jouself. Mense verstaan dat hulle amder moet vergewe, maar vergewe hulle self nie. Dit is meer belangrik dat jy jouself los maak van die verkeerde dinge wat jy gedoen het. Wanneer jy ander vergewe, jouself vergewe en Christus jou verlede skoon maak is jy `n nuwe mense. Sonder vergifnis kan jy nie werklik tot bekeering kom nie!
Vrees
Vrees is 'n emosie wat veroorsaak word deur 'n bedreiging wat veroorsaak dat 'n verandering in die brein en orrel funksie en uiteindelik 'n verandering in gedrag veroorsaak, soos om weg te hardloop, wegkruip of bevriesing van traumatiese gebeure. Vrees kan voorkom in reaksie op 'n spesifieke stimulus wat gebeur in die hede, of kan gebeur in 'n toekomstige situasie, wat beskou word as die risiko vir die gesondheid of lewe, status, mag, sekuriteit, of in die geval van die mens rykdom of enigiets wat waardevol is.
Vrees is 'n belangrike reaksie op fisiese en emosionele gevaar; as ons nie vrees ervaar nie, kan ons nie onsself beskerm teen dreigemente nie. Maar dikwels vrees ons situasies wat ver van die lewe-of-dood is, en ons vrees weerhou ons van vordering. Traumas of slegte ervarings kan 'n vrees reaksie in ons aktiveer wat moeilik is om te onderdruk. Tog kan verkeerde vrese ons ook bloot stel aan magte en duiwels wat ons beheer. Want jy is `n slaaf van dit wat jy vrees, sodoende beheer daardie vrees jou lewe.
Om jou persoonlike verse te oorkom moet jy ‘n liefdes verhouding met God hê:
1Joh 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
Daar is geen vrees in die liefde nie. Wat is daar om te vrees - as jy `n volmaakte liefdes verhouding met God het, en as God jou Vriend is. Hy sal altyd daar wees vir jou omdat Hy jou liefhet. Na die dood wag daar `n wonderlike ontmoeting met God!
Wat jy wel moet vrees is God!
Luk 12:4-7 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom! Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
1Pet 2:17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
Vrees in Grieks is: “Phobeo” wat beteken: Om bang te wees, onsag te hê; om bekomerd te wees, om eerbied te hê!
Indien jy God nie vrees nie, sal jy Hom nie gehoorsaam nie, en as jy Hom nie gehoorsaam nie kan daar nie `n verhouding tussen jou en God wees nie. Daarom kan ek `n stelling maak was sê: “As jy nie God vrees nie, kan jy nie deel wees van God se Koninkryk nie!”
Kennis van Wie God werklik is.
Jy sal twee foute maak in hierdie wêreld, en selfs terwyl ek dit vandag vir jou vertel, sal jy aanhou om foute te maak. Jy sal dit eers besef wanneer jy Jesus eendag van aangesig tot aangesig sien. Die twee foute is: Jy onder-skatting van God se grootheid - Hy is groter as wat jy kan dink - en jy sal dus werk met die verkeerde feite oor God - wat 'n jammerte.
Tweedens, sal jy Sy nabyheid onder-skat en sy liefdevolle betrokkenheid in jou lewe. God is nader aan jou as wat jy kan dink. Deur die Heilige Gees, en daar gebeur meer tussen jou en God as wat jy besef. Daarom sal jy deur hierdie wêreld gaan met 'n gebrek van geloof en begrip van God se betrokkenheid en nabyheid in jou lewe. Die gebeur omdat jy as mens nie werklik die groote en liefde van die Almagtige kan inneem nie, net soos `n klein miertjie nie tegnologie verstaan nie!
Verwerping van oordeel (wat ons nodig het so sleg)
God weet wie en wat jy is, Sy oordele is regverdig. Sy oordeel terwyl jy lewe is tot jou voordeel, want Hy wil nie hê jy moet verlore gaan nie. Vir diegene wat God se oordeel verwerp omdat hulle dit as negatief beskou, sal daar areas in hul lewens wees waar God geen toegang het nie, dus kan God se liefdevolle snoeiwerk hulle nie verander nie. Oordeel is nie haat nie; dit is die liefde. Ons sien dit in ons eie samelewing. Ons is so liggelowige dat ons in woede reageer wanneer ons veronderstel is om iemand te bedank dat hy ons foute uitwys. Dit is ware liefde wat 'n probleem uitwys en ons help om ons foute te erken. Ons moet regters omhels, want hulle wys ons reg, hulle openbaar dinge waarvan jy nie bewus was nie.
Spr 28:23 Hy wat ‘n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.
Verwerping van God.
Heb 10:28-31 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
Dit is wanneer jy God se duur prys wat Hy vir jou betaal het verwerp. Daar is slegs twee besluite wat jy kan maak, of jy neem God se offer aan of jy verwerp dit.
Lastering van die Heilige Gees
Mar 3:28-30 Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.
Mar 3:28-30 Sowaar, Ek sê vir julle: daar is niks wat julle kan doen of sê wat so sleg is dat God dit nie kan vergewe nie, selfs al praat julle lelik van Hom. Maar daar is een ding wat God net mooi niks van hou nie: dit is as mense sê dat die dinge wat die Gees doen van die duiwel af kom. God sal dit vir altyd teen so ’n persoon hou.” Dit het Jesus gesê omdat daar mense was wat beweer het dat ’n bose gees in Hom werk. DB
Ek glo dat hierdie Skrif duidelik hierdie bekommernis van baie oplos. Dit is wanneer mense die Heilige Gees se manifistasies vir bose magte verwerp.
Glo nie in geestelike oorlogvoering nie
Mense dink nadat hulle Jesus aangeneem het kan hulle maar rustig verkeer wat God sal vir hulle veg. Onthou dat die vyand alles sal probeer om jou verhouding met God te verbreek. Daarom moet jy hom weerstaan.
Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
Onderwerp jou ten eerste aan God, voordat jy die duiwel wil weerstaan.
Efe 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Bly naby die Here in julle stryd teen die bose
Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat. As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak. Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg, sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin. Dis nie ’n oorlog teen gewone mense nie. Ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Hulle hou hulle sterk hier op aarde en doen bose dinge, maar kom eintlik van orals af. Sorg dat julle al die wapens wat God vir julle gegee het, reg hou, sodat as die bose magte op julle toesak, julle nie ’n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie. Julle sal die wenners wees.
Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Eph 6:10-16 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
Die wapenrusting is nie iets wat jy kan aantrek en uitterk nie, maar dit wie en wat jy is!
Dit is die klere (Wapens) wat julle moet aantrek om te keer dat die duiwel iets aan julle doen:
Ef 6:18 Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie. Boodskap vertaling
Misinterpretasies van negatiewe situasies:
Dit is nie altyd die duiwel wat ons aanval nie. Hoe dikwels berispe ons duiwels wanneer dit eintlik ons self of God is wat die situasie veroorsaak het? Ons veroorsaak ons eie probleme en wil dat die duiwel die skuld gee. Of God laat dinge in ons lewe toe om ons aandag te trek, sodat ons nader aan Hom te kan kom of om ons `n les te leer soos ons met ons kinders doen.
2Kor 12:7-10 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
God het 'n aanval van die Satan op Paulus toegelaat om hom nederig te hou! Paulus het die "negatiewe" van God aanvaar. Hy was tevrede met swakhede, swaarkry, rampe. Want dit het hom nader aan God getrek en hom nederig en afhanklik van God gemaak, dit het hom nie afgebreek nie maar sterk gemaak in die Here. Net soos met Job, het God toelaat dat aanvalle van die vyand oor hom kom tot sy eie voordeel. Jesus het gely en die dorings op Sy Hoof gedra terwyl Hy aan die kruis gehang het. Deur Jesus se lyding het daar vir ons verlossing gekom. God sal jou ook nie bo jou kragte beproef nie, maar dit is tot jou verlossing en tot jou voordeel.
Voorbidding
As ons dink dat dinge beter en beter sal gaan omdat ons Jesus aangeneem het, maak ons `n groot fout. “Positiewe motifering predikers hou voor dat alles vir kinders van God net beter sal gaan. Maar hulle wys nie die mense daarop dat ons in die wêreld leef waar bose magte die kinders van God aanval nie. Reg deur die ou en nuwe Testament lees ons van gelowiges wat gedurig teen die bose magte moes veg. As daar dan dinge in hulle lewens verkeerd gaan verloor hulle vertroue in die Here. Intersessie is wanneer die kinders van God optrek teen die werke van die bose en waar groot oorwinning behaal word. Om intersessie en voorbidding na te laat is om toe te laat dat die vyand in kom sonder weerstand, ons word dan sagte teikens wat die vyand.
Gen 18:26-32 Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil. En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is. Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf en veertig vind nie. En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie. Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie. Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie. Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.
Martelaarskap
Marteling is die toppunt van 'n negatiewe ervaring vir die Christen. Natuurlik, die waarheid is dat dit nie negatief nie.
Hand 7:54-60 En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners. Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan. Maar hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm. En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van ‘n jongman met die naam van Saulus. En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees! En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.
Hoe wonderlik om te weet dat Jesus daar gestaan het terwyl Stefanus gemartel was. Stefanus was nie alleen nie hy het die heerlikheid van God ervaar terwyl die klippe op hom gereën het.
Daar is verskillende gelowe wat nie glo in die hel nie
Jy sal verbaas wees oor hoe baie belydende Christene verwerp die gedagte van die ewigheid in die hel-vir almal! Na alles, dink jy dat `n God van liefde mense in die ewige hel van foltering gooi? Mense wat so glo, glo nie die Bybel nie. Het u al gedink wat sal gebeur as die sondaars almal in die hemel kom? Dit sal dan nie meer hemel wees nie! God sal nie die oorsaak wees as jy in die Hel beland nie, maar jyself!
Om God te gebruik wanneer dit jou pas.
Daar is mense wat God net gebruik om hulle gebede te beantwoord, en as God dan antwoord dan kom hulle nie hul geloftes na nie en gee ook nie die eer aan God nie maar neem die eer vir hulself. Ons as mense kan nie die God wat ons geskape het rond bevel nie, maar God kan ons gebruik soos Hy wil want ons behoord aan Hom; Hy behoord nie aan ons nie.
Luk 17:12-19 En toe Hy in ‘n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op ‘n afstand bly staan het. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig! En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ‘n Samaritaan. Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie? En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
Wat het van die ander geword, omdat een terug gegaan het het Jesus vir hom gesê: Jou geloof het jou gered. Die ander is hulle gered? Ek wonder….
God se verhouding met die gelowige is nie deel van `n kontrak nie, maar van eienaarskap, en omdat ons nooit Sy guns kan verdien nie, moet ons altyd vir Hom die eer gee wat Hom toekom; vir Sy gawes aan ons, terwyl ons getuig van Sy genade aan ons, en moet ons Jesus openbaar aan ons medemense
Openb. 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Daar is `n meer volledige kursuse wat u kan naslaan in: "Verdere Bybel Studie" bo aan hierdie lesing.

- Die waarheid moet julle soos ’n belt om julle middel vasbind. (Om nie leuns te vertel nie)
- Die wete dat God jou van al jou sonde vrygespreek het, moet soos ’n stuk staal jou bors beskerm.
- Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees.
- Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die bose keer en eenkant toe slaan.
- Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm.
- Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir julle gee om die stryd mee te voer.
- Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help.