Om die dood te verwerk.
Kom Die Dood Van God; Nee Lewe Kom Van God?
God het aan elke mens `n sekere tyd gegee om te lewe. Hierdie tydperk kan wel verkort word deur onverskilligheid; deur selfmoord of selfvernietiging asook ongesonde lewe. Die Bybel leer ons wel dat jou lewe verleng kan word wanneer jy jou ouers eer.
Ons is tydelik in die wêreld, niks op aarde is verewig nie! Die vraag kom dan hoekom leef ons in `n verganklike wêreld? Om iemand wat jy liefhet in die dood af te gee is baie moeilik en dit laat `n leë plek wat nie gevul kan word nie. Hoekom laat die Here toe dat mense sterf? Hoekom kan ons nie verewig lewe nie!
Kom ons kyk waar die dood vandaan kom: God het die mense gemaak na Sy Beeld en gelykenis. Adam en Eva het die ewige lewe van God ontvang want hulle was geskape na die beeld van God, en God is onsterflik! Maar deur sonde en ongehoorsaamheid aan God het Adam en Eva die dood in die wêreld gebring, Die dood kom nie van God nie maar van sonde!
Gen 3:17-19 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.
God kon dit daar gelaat het sodat alle mense sterf; maar Hy het die mense jammer gekry en ‘n weg gemaak waar mense weer die ewige lewe kan terugkry:
Rom 6:22-23 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
God sal nie sommer mense van hul dierbares wegvat nie. Hoekom het God bepaal dat sonde die dood voortbring? God is heilig, Satan was in die hemel en deur rebelie wou hy God onttroon sodat Hy God se plek kan inneem. Daarom kan God nie toelaat dat sonde weer in die hemel kom nie!
Jes 14:12-15 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil! (lees ook Esg.28:13-18)
God die Vader het Sy Seun Jesus gestuur om `n weg te maak deur die straf van die dood op Jesus te neem, sodat die mense wat Jesus aanneem die ewige lewe kan beerwe!
Esg 33:11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?
Waar gaan mense heen nadat hulle gesterf het?
Daar is slegs twee plekke waar mense na die dood gaan; die een is na die paradys en ander is na die doderyk. Die mense wat sterf gaan nog nie hemel of hel toe nie, sien die volgende:
Die mense wat in Christus sterf:
Luk 23:42-43 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
1Thes 4:13-17 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Die mense wat nie in Jesus ontslaap het nie.
Luk 16:23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
Openb 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Hoe weet ek waar die persoon is wat gesterf het?
Deur natuurlike oorsake; deur siekte; deur selfmoord of deur selfvernietiging?
Ons kan baie daaroor praat en redeneer maar ons moet net besef dat die persoon dood is en ons kan niks daaraan verander nie! Is daar `n manier wat ons kan vasstel waar die persoon nou is?
Ons wil glo dat hulle by Jesus is, maar slegs die persoon wat sterf weet wat sy verhouding met God was, en dit bepaal waar hy is!
God bepaal nie waar ons gaan eindig nie, ons bepaal dit!
Joh 12:48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Miskien sê u; “Ja maar hy het sy eie dood veroorsaak deur selfmoord of deur selfvernieteging. Wie is jy om dit te sê?” Ons weet nie altyd wat die omstandighede van die persoon se lewe was nie, God weet dit! Ons weet nie of die persoon net voordat hy/ sy gesterf het tot God geroep het en gevra het dat Jesus hom of haar te vergewe nie. As jy regtig wil weet waar die persoon is bid tot God en vra Hom, As Hy wil sal hy jou dit in jou gees laat weet. Die persoon aan die kruis het Jesus vir genade gevra voordat hy gesterf het.

Hoe kan ek die dood van iemand hanteer?
Dood is onvermydelik en met die dood is daar baie vrae en min antwoorde. Dit is belangrik dat `n persoon toegelaat word om te rou. Die moeilikste tyd is na die begrafnis gebeur wanneer almal weer aangaan met hul daaglikse lewe en jy bly alleen agter met `n plek wat leeg is.
Jy sal deur verskillende emosies gaan want jou hele lewe het verander, (sien die hoofstuk oor verandering) en wat was sal nooit weer wees nie. Al wat oorbly is herhinderinge en fotos. Moenie jou emosies inhou nie; huil en skreeu as dit moet. Wees bly dat jy die persoon wat dood is geken het en dat jy mooi gedagtes het om aan te dink.
Algemene emosies:
Joh 11:33 Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel.
Mat 14:10-13 En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof. Sy hoof is toe op ‘n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring. En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel. En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in ‘n skuit vertrek na ‘n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg.
Dan kom die tyd nadat jy die dood aanvaar – Die tydperk hiervan verskil van van persoon tot persoon; Nou moet jy aanpas met jou lewe en opstaan. Jou herhindering kan niemand van jou weg neem nie. Jy moet altyd dink aan die persoon wat dood is, praat oor hom en herdenk die mooi oomblikke wat julle saam was, dit sal help met die rou proses. Moenie jou gevoel en emosies verberg nie.
Mense wat deur siekte dood is
Hulle ou liggaam wat nie meer kon aangaan nie, word vervang met `n nuwe onsterflike liggaam sonder pyn, volmaak soos God dit van die begin af beplan het!
Mense wat deur natuurlike oorsake dood is
Hulle het ‘n goeie lewe gelei en wat hulle agtergelaat het, het ons lewens veryk. Hoewel hulle die lewe verlaat het sal hulle altyd in ons herinderings en ons harte lewe.
Mense wat deur selfvernietiging gesterf het( sien hoofstuk oor selfvernietiging)
Hulle het verkeerde saad in hulle lewe gesaai en die dood gemaai. Ons het almal verkeerde dinge gedoen. Dit genade van God is groot genoeg om hulle te vergewe as hulle Hom gevra het. Net so moet ons hulle vergewe dat hulle voor hul tyd gesterf het.
Mense wat selfmoord gepleeg het. (lees die gedeelte oor selfmoord)
So maklik om sulke mense te veroordeel. Die Bybel leer ons dat ons nie mag oordeel nie. Hoekom het hulle dit gedoen? Vrae waarvan ons nie die antwoord het nie. Hulle het net nie meer kaans gesien om te lewe nie. Wat in die hart van die mens aangaan, sy emosies, sy gevoel en selfs sy siening van die lewe sal ons nooit werklik kan verstaan nie.
Spr 14:10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ‘n ander hom nie meng nie.
Selfmoord kom nie deur een oomblik nie of deur een gebeurtenis nie. Dit kom van ver af, die gedagte van selfmoord kom voor by almal van tyd tot tyd. Hoe meer aandag jy daaraan gee hoe meer ontwikkel die drang daarna. Tot op `n dag wat dit laaste strooi jou tot die daad laat oongaan. Negatieweteit, depressive en swakselfbeeld voed die gedagte van selfmoord.
Die eerste ding is ons voel skaam dat dit gebeur het, en wil dit wegsteek vir ander mense en kinders. Dit is nie reg nie want as dit later uitkom kan dit meer skade maak. Wees eerlik en erken dat die persoon selfmoord gepleeg het.
Die tweede ding is dat jy en die mense wat naby die persoon geleef het skuldig of selfs aandadig voel. Moenie skuld op jouself pak wat jou lewe benadeel nie. Soos ek genoem het dit was lankal in sy/haar gedagtes wat nou gebeur het was net die laaste strooi.
Die derde is die vraag waar is hy? Sal God hom vergewe vir dit wat hy gedoen het? Hy het moord gepleeg!
God ken sy gemoeds toestand wat ons nie tenvolle ken nie. God is regverdig en genadig. Net soos ons nie weet waar mense is nadat hulle aan natuurlike oorsake dood is nie, kan en mag ons nie ook die persoon veroordeel nie. God alleen weet wat in die laaste oomblike in sy lewe gebeur het! Hy kan in die paradys wees en hy kan ook in die doderyk wees; ons weet nie, dit is nie vir ons om te besluit nie.
Rom 2:1-4 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge. En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen. En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug? Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

- Vrae “Hoekom Here?” God verstaan jou hartseer praat hardop met Hom vertel Hom hoe jy voel, sodat jou emosies ontlaai kan word.
- Jy voel asof jy dit nie sal kan handteer nie, want dit gaan nie net oor die persoon wat gesterf het nie, dit gaan nou oor jou wat alleen agter gebly het.
- Jy is kwaad vir die Here wat die dood toegelaat het, en hoewel jy vir God kwaad is, is dit nie God wat die dood gebring het nie maar sonde soos bo uiteengesit. Jesus self het gesukkel om die dood te verwerk.