Selfmoord
Inleiding:
Die lewe is `n geskenk van God. Daar is beloftes van God wat vas staan en onveranderlik is. Al wat ons moet doen is om dit aan te neem asof God dit persoonlik vir jou daar gestel het, en dit is die beloftes wat Hy vir jou wat hier lees beloof het; vat dit en glo dit!
Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Wat beteken dit? Jy is nie alleen nie daar waar jy nou is nie; God vul die aarde en die hemel, Hy sien jou, hoor jou en weet selfs wat jy dink! Hy weet alles van jou; Hy gee om en het jou lief. Steek net jou hand in geloof uit en Hy sal jou uit jou omstandighede trek.
2Kron 16:9 want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;
God se oë is nou op jou gerig as jy jou hart onverdeeld op Hom rig gaan Hy jou help. Daar is net een manier om jou hart onverdeeld op Hom te rig; dit is om nie aan dit wat jou seergemaak het of wat jou pla te dink nie. Die hulp wat jy soek; die ontvlugting waarvan jy droom in by Jesus. Praat jou hart uit met God in gebed, vertel Hom hoe jy voel. Hy is jou hemelse Vader en Sy liefde vir jou het geen perke nie. Niks kan Sy liefde vir jou minder maak nie, al het jy gedoen wat verkeerd was, al voel jy dat jy nikswerd is nie. Hy het jou geskape en Hy gee om vir jou. Jy is kosbaar vir Jesus, omdat daar net een is soos jy. Niemand kan jou vervang nie! Jy is Sy kind!
Het jy Hom aangeneem as jou Verlosser? As jy Hom aangeneem het sal Hy ook jou Verlosser wees met alles wat in jou lewe gebeur, raak nie stil en vertrou Hom. Hy is die lig wat jou donker wêreld sal verlig. Moenie haastig wees nie, Hy sal jou nie verlaat nie, wag op Sy tyd, Hy weet wat Hy doen al lyk dit of daar geen uitkoms is nie!
Het jy Hom nog nie aangeneem nie? Moenie bekommerd wees nie, Hy ken jou en Hy is jou Skepper, Buig net jou knie voor Hom en roep Hom aan. Hy wag vir jou en wil jou as Sy kind aanneem.
Jes 57:15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
Saad van Selfmoord
Wanneer jy `n plant saai en gereeld water gee, groei hy totdat die plant vrug lewer. Net so is selfmoord `n saad wat gesaai word in die lewe van mense. Wanneer jy deur lewens druk gaan; wanneer jy nie meer kans sien om aan te gaan nie; gee jy groei krag aan selfmoord.
Die gedagte van selfmoord kom eers net vir ‘n oomblik en jy vergeet daarvan. As daar weer iets verkeerd gaan kom dit weer op. So is jy besig om die selfmoord saad in jou lewe groei krag gee. Dan op ‘n dag kom die laaste strooi wat jou dan tot die daad oorgaan. Jy voel of jou lewe inmekaar sak daar is nie hoop nie. Jy dink net aan jouself en nie aan die gevolge van die selfmoord nie! Jy gee nie om wat die mense dink nie; jy gee nie om van die mense wat jou liefhet en afhanklik van jou is nie, alles draai net om jouself! Jy neem aan dat as jy sterf dat ander van jou verlos sal wees en dat jy uit jou huidige omstandighede verlos kan word. Die dood is vir jou `n ontvlugting, maar die vraag is waarheen vlug jy? Jou liggaam gaan moontliks sterf, maar jy gaan bly lewe, omdat jy `n onsterflike siel het! Wat wag na die dood?
Daar is so veel hardseer nadat mense selfmoord gepleeg het, mense voel dat hulle dit veroorsaak het. So baie mense wat agterbly nadat iemand wat hulle ken selfmoord gepleeg het, is nooit weer dieselfde nie.
Weerstaan alle gedagtes van selfmoord, moet dit nooit uitspreek nie, nie eers as jy dit nie bedoel nie. Want dit sal `n werklikheid word as dit altyd in jou gedagtes is!
Selfmoord gedagtes kom van Satan wat `n mense moordenaar is.
Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
Elke mens, jy ook, bestaan uit `n liggaam, `n siel en `n gees. As jy die liggaam doodmaak bly daar nog jou siel en gees oor, wat jy nie kan dood maak nie! Die ware jy is nie die liggaam waarin jy leef nie! Die ware jy is jou ewiglewende siel!
Selfmoord los nie jou probleme op nie, dit bring nuwe groter probleme. As jy dink dat jy nou probleem het, dit is glad nie so groot soos die moeilikheid waarin jy gaan beland na jou selfmoord nie!
Daar is `n oplossing vir jou, daar is hoop om jou liggaam jou siel en jou gees uit jou huidige omstandig hede te verlos. Jou oplossing is Jesus, Hy weet hoe jy voel, omdat Hy jou liefhet en vir jou omgee. Roep Hom aan net daar waar jy nou is!
U word uitgenooi om ons beradingsdiens te skakel by (012) 334-1320, of 'n e-pos te stuur na [email protected], of 'n brief te pos aan Berading, Posbus 3436, PRETORIA, 0001. Die selfoonnommer vir SMS-berading vir die jeug is 071 679 4302.
Tans werk hier 30 beraders vrywillig en sonder vergoeding 24 uur per dag, 7 dae per week. Daar word maandeliks ongeveer 600 telefoonoproepe hanteer en ongeveer 150 eposse/briewe beantwoord. Gemiddeld 75 persone word maandeliks teruggebel en om en by 100 inbellers ontvang elk 'n bemoedigings-SMS van ons.
Wie is betrokke by selfmoord en die gevolge
Selfmoord is soos `n komeet wat deur die heelal trek; dit het `n lang stert en dit kom altyd weer terug om die wat agter gebly het daaraan te herinder. Dit is ook `n saad wat gesaai word in die lewe van die mense wat agter gebly het, sodat dit weer in hulle lewe geplant word.
Die volgende bly agter nadat iemand selfmoord gepleeg het:
Om die saad of gedagte van selfmoord uit jou lewe te dryf, moet jy dit vervang. Jy kan nie iets uit jou lewe haal sonder om te te vervang nie. Die Bybel leer ons:
Mat 12:43-45 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.
Om negatiewe gedagtes te verander moet jy:
Jesus sê:
Jes 61:1-7 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking. En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag. Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees. Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem. In plaas van julle skande ontvang julle ‘n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ‘n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.
Joh 6:37-39 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
Mat 12:20-21 ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop.
Wat is `n geknakte riet? Jy kan niks maak met `n geknakte riet nie, dit is waardeloos. Al voel jy of almal jou verstoot het, al voel jy of daar nie meer hoop is vir jou nie, soos `n geknakte riet. Jesus sal nie die geknakte riet verder breek nie maar Hy kan en Hy sal dit herstel. `n Lamppit wat rook, rook omdat hy uitgebrand het en nie meer in die lamp olie is nie. Hy moet vervang word; maar Jesus sal nie die lamppit uittrek en weggooi nie hy sal dit herstel, omdat elke mens groot waarde het. Jy is so waardevol dat Hy bereid was om Sy lewe vir jou te gee sodat jy kan lewe! Jy is `n wonderlike mens, daar is net een soos jy, niemand kan jou vervang nie. God het jou uniek gemaak, daarom is jy so spesiaal vir Hom.

- Die wat agterbly voel skuldig omdat hulle dit kom keur nie.
- Hulle voel verantwoordelik en skuldig dat hulle dit veroorsaak het.
- Hulle is kwaad vir die persoon wat selfmoord gepleeg het.
- Hulle het nou meer finansieele probleme as wat hulle voorheen gehad het.
- Hulle voel skaam dat dit in hulle gesin of vriende kring gebeur het.
- Die plek van die selfmoordenaar is leeg; hulle wat opgekyk het na hom/haar se lewens is verwoes, hulle soek antwoorde. Indien daar `n brief agtergelaat is verlig dit nie hulle gevoel nie maar vererger dit. Indien daar nie `n brief is nie is daar baie onbeantwoorde vrae.
Om die saad of gedagte van selfmoord uit jou lewe te dryf, moet jy dit vervang. Jy kan nie iets uit jou lewe haal sonder om te te vervang nie. Die Bybel leer ons:
Mat 12:43-45 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.
Om negatiewe gedagtes te verander moet jy:
- Vermy negatiewe mense wat jou negatief beinvloed.
- Neem deel aan liggaam oefening, of gaan stap gereeld.
- Word deel van mense wat positief ingestel is.
- Sluit aan by `n kerk waar die Bybel gepreek word, en raak betrokke in die gemeente.
- Vermy sterk drank en dwelms.
- Lees jou Bybel daagliks
- Bid gereeld, en maak jou hart oop vir God.
- Neem Jesus aan as jou Saligmaker en gaan deur die wedergeborte proses. Indien jy nie weet wat om te doen nie volg die volgende: Kliek “ Verdere Bybel Studie.”
- Moenie net die negatiewe dinge raak sien nie, moenie na die nuus kyk as dit jou negatief maak nie, en moenie toelaat dat mense negatiewe gedagtes in jou plaas nie! Daar is niks negatief in God nie, en dit hoort ook nie in jou nie! Selfs die kruis van Jesus is positief!
- Vermy negatiewe boodskappe op FaceBook, en negatiewe TV stories.
- Christelike en opbouende musiek sal jou baie ondersteun.