Selfvernietigende
Onder die titel, Sin's Peril, deur Paul Harvey in die Leadership Journal van 1987, vertel hy hoe die Eskimo wolwe doodmaak. Hulle neem 'n skerp, langlem mes en bedek dit met bloed. As die bloed gevries is, doop hulle die lem weer in bloed. Hulle herhaal die proses totdat die skerp lem met 'n dik laag bloed bedek is. Dan steek hulle die handvatsel van die mes stewig in die grond, sodat die bloedbedekte lem opsteek. ’n Wolf ruik die bloed en volg gulsig en hongerig die reuk van bloed, totdat dit die bloedbedekte mes bereik. Die wolf lek aan die bevrore bloed. Die smaak op sy tong laat hom vinniger lek. In Paul Harvey se eie woorde: "Koorsagtig nou, harder en harder lek die wolf die lem in die arktiese nag. So groot word sy lus vir bloed dat hy nie die vlymskerp angel van die naakte lem op sy eie tong opmerk nie, en ook nie besef hy dat sy onversadigbare dors deur sy eie bloed bevredig word. Hy smag net meer en meer totdat hy doodval in die sneeu. Ons word verteer, waarsku die Bybel ons, deur ons eie begeerlikhede."
Dit is baie wreed om die dier so dood te maak. Maar net so wreed en miskien nog wreder as `n mens sy eie lewe verwoes deur die volgende:
Self- vernietiging is `n tipe van selfmoord; Dit is `n proses wat jou lewe verwoes en jou lewe op aarde verkort! Soos die wolf deur die bloed reuk en deur sy begeerte gedryf word, sien hy nie die gevaar nie; hy is besef nie dat hy besig om homself na die dood te dryf nie. Die Eskimo slag in sy doel sonder dat hy self by die dood betrokke is. So lei die Satan en sy bose magte mense na selfvernietiging sonder om self betrokke nie wees. So word mense gedryf deur hul eie begeertes, deur ander mense, jou omstandighede, jou tekorte in jou lewe of deur die bose magte om hulself dood te maak!
Hulle jaag daarna en neem aan dat hulle deur hul dade verlosing of bevrediging sal kry. Die wolf het aangehou totdat hy sy eie dood veroorsaak het; net so baie mense besig om hule self te vernietig!
Alles wat jy doen om jou gesondheid; geestelik of fisies aftakel of beskadig is soos die bloed aan die wolf se mes wat hom dryf na sy dood. Daar kan baie genoem word ek wil net na drie kyk:
1 Dwelm misbruik
Breinskade weens dagga
Dagga kan verskillende uitwerkings op die brein hê. Dit kan die breinselle vernietig wat jou korttermyngeheue beheer, jou konsentrasievermoë beduiwel en jou sommer oor die algemeen dommer maak.
Dit kan ook veel erger goed soos vervolgingswaan en hallusinasies tot gevolg hê. Hoe meer gereeld jy rook en hoe sterker die dagga is, hoe erger die uitwerking. Dit is nog nie duidelik presies hoe lank dit duur voor die skade aan die breinfunksies herstel is nie, maar dit kan enigiets tussen weke en selfs jare wees.
Die dagga wat nou alledaags gebruik word, is tien maal sterker as die dagga van die 1960’s. Anders as wat mense tóé geglo het, is dagga beslis fisiek verslawend. Dagga wat in vogtige omstandighede gekweek word is die gekonsentreerdste; daarom is Durban Poison en Malawi Gold baie gewild.
Die magie van magic mushrooms
Dit word vervaardig uit gedroogde Psilocybesampioene en word taamlik algemeen (sommer baie algemeen in Europa) as ’n psigedeliese middel op partytjies gebruik. Van die gebruikers in Europa kweek en droog die Cubensis- of die Thai-spesies van die sampioene sommer self.
Eet dit, en jy weet gou nie wáár jy is nie; dit toor regtig met jou kop en wat jy sien en hoor het niks met die werklikheid uit te waai nie. Gebruikers ontwikkel ook baie vinnig ’n weerstand daarteen en moet dikwels eers drie tot vier dae “skoon” wees voor hulle weer die psigedeliese klanke en kleure kan ervaar.
’n Aaklige newe-effek van magic mushrooms is dat gebruikers lank nadat hulle dit gebruik het, nog nagmerrie-terugflitse van hul hallusinasies kan kry.
Die waanwêreld waarin jy leef
Sommige dwelms (soos dagga), psigedeliese middels (soos magic mushrooms, LSD en tik) en amfetamien-opkikkers (soos speed) kan ’n mens beslis psigoties maak, wat beteken jy verloor kontak met die werklikheid en leef in jou eie waanwêreld. Hoe groter die dosis wat jy gebruik en hoe langer jy dit neem, hoe groter is die gevaar dat jy geestesversteurings kan ontwikkel.
Die dwelms tas moontlik die brein aan deur die dopamien-oordragstowwe te versteur, maar ander brein-oordragstowwe word moontlik ook aangetas.
Geestesversteurings wat deur dwelms veroorsaak word, kan kort van duur wees (byvoorbeeld die stemme wat jy hoor terwyl jy hoog is op tik, en vervolgingswaan terwyl jy hoog is op dagga) en kan gewoonlik binne ure ná die laaste dwelmgebruik opklaar. Maar sommige mense se psigotiese gedrag hou weke lank aan.
Tans reken psigiaters as die geestesversteuring nie binne ’n maand opklaar nadat ’n mens opgehou het om die dwelm te gebruik nie, was daar moontlik ’n onderliggende psigose.
Navorsers is dit nog glad nie eens oor hoe vinnig ’n dwelm-psigose behoort op te klaar, óf dit in alle gevalle heeltemal opklaar en in watter mate dit blywende breinskade veroorsaak nie.
2 Alkohol
Etanol, die chemiese verbinding in die meeste alkoholiese drankies is ’n neurotoksien—dit wil sê ’n stof wat die senuweestelsel kan beskadig of vernietig. Iemand wat dronk is, ly in werklikheid aan ’n vorm van vergiftiging. Groot hoeveelhede etanol veroorsaak koma en die dood.
Byvoorbeeld, onder studente in Japan veroorsaak ikkinomi, die gebruik om drankies vinnig na mekaar weg te sluk, jaarliks talle sterftes. Die liggaam is in staat om etanol in onskadelike stowwe om te sit, maar dit word nie dadelik gedoen nie. As alkohol vinniger ingeneem word as wat die liggaam dit kan verwerk, hoop etanol in die stelsel op en het dit ’n merkbare effek op die werking van die brein. Hoe?
Spraak, sig, koördinasie, denke en gedrag is alles verbind deur middel van uiters komplekse chemiese reaksies in die brein se neurone, of sleutelselle. Die teenwoordigheid van etanol verander daardie reaksies en onderdruk of vergroot die werking van sekere neurotransmittors—chemikalieë wat seine van neuron na neuron oordra. Die stroom van inligting in die brein word sodoende verander, wat keer dat die brein normaal funksioneer. Dit is waarom iemand wat te veel gedrink het, die algemene tekens van dronkenskap openbaar—onduidelike spraak, dowwe sig, trae bewegings en verminderde selfbeheersing en inhibisies.
Wanneer iemand oor ’n lang tydperk aan alkohol blootgestel word, pas die chemiese werking van sy brein aan om die giftige uitwerking van etanol teë te werk en normale senuweefunksie te handhaaf. Dit lei tot toleransie, wat beteken dat dieselfde hoeveelheid alkohol nie so ’n groot uitwerking het as voorheen nie. Afhanklikheid vind plaas wanneer die brein in so ’n mate aangepas het by die aanwesigheid van alkohol dat dit nie behoorlik daarsonder kan funksioneer nie. Die liggaam smag na alkohol om die chemiese balans te handhaaf. Wanneer iemand hom van alkohol onthou, word die chemiese werking van sy brein heeltemal gedestabiliseer, en onttrekkingsimptome soos angstigheid, bewing en selfs stuiptrekkings ontstaan.
Buiten dat dit wysigings in die chemiese werking van die brein veroorsaak, kan drankmisbruik tot sel-atrofie en -vernietiging lei, wat die breinstruktuur self verander. Hoewel gedeeltelike herstel moontlik is as ’n mens alkohol heeltemal vermy, lyk dit asof van die skade permanent is, wat die geheue en ander kognitiewe funksies verder aantas. Skade aan die brein is nie net die gevolg van langtermynblootstelling aan alkohol nie. Navorsing dui blykbaar daarop dat selfs relatief kort periodes van drankmisbruik skadelik kan wees.
Lewersiekte en kanker
Die lewer speel ’n belangrike rol in die verwerking van voedsel, die bestryding van infeksie, die beheer van bloedvloei en die verwydering van gifstowwe uit die liggaam, insluitende alkohol.
Langdurige blootstelling aan alkohol beskadig die lewer in drie stadiums. Gedurende die eerste stadium veroorsaak die afbreek van etanol dat die vertering van vette stadiger plaasvind, wat daartoe lei dat dit in die lewer ophoop. Dit word steatohepatitis, of vetlewer, genoem. Mettertyd ontstaan chroniese lewerontsteking, of hepatitis. Hoewel alkohol self hepatitis kan veroorsaak, kan dit blykbaar ook die liggaam se weerstand teen die hepatitis B- en hepatitis C-virus verlaag.* As dit nie behandel word nie, veroorsaak ontsteking dat die selle bars en doodgaan. Omdat die natuurlike stelsel van geprogrammeerde seldood, wat apoptose genoem word, blykbaar deur alkohol aan die gang gesit word, word die skade vererger.
Die laaste stadium is sirrose. Die bose kringloop van aanhoudende ontsteking en selvernietiging veroorsaak dat permanente letsels vorm. Naderhand is die lewer nie meer sponsagtig nie, maar knopperig. Uiteindelik verhinder littekenweefsel normale bloedvloei, wat tot lewerversaking en die dood lei.
3 Nikotien (rook)
Voordat moet ons eers weet watter elemente vervat in sigarette. Sigaret bevat ongeveer 4000 elemente, en ten minste 200 van hulle was 'n gevaar vir die gesondheid gifstowwe in sigarette is teer, nikotien, en koolstofmonoksied. Teer is die koolstof wat is taai en vashou aan die longe.
Nikotien is 'n verslawende stof wat invloed het op die senuweestelsel en sirkulatoriese Hierdie stof is 'n karsinogeen en die etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van longkanker kan aktiveer.
Koolstofmonoksied is 'n stof wat bind aan hemoglobien in die bloed, die bloed nie kan bind suurstof ampu Giftig effekte Giftig effekte op hierdie sigarette sigaretrook te maak het 'n groter risiko in die appèl wat nie nie sigaretrook inasem, die vergelyking is soos volg:
14x lyding van longkanker, mond en keel.
4x lyding van slokdarmkanker.
2x kempih blaaskanker.
2x hartaanval.
Rook verhoog ook die risiko van sterfte vir pasiënte met longontsteking en hartversaking, en hoë bloeddruk.
'N Nuwe Harvard Universiteit studie toon dat rook die risiko van veelvuldige sklerose (multiple sclerosis) verhoog.
Navorsers het 'n vaste verband gevind tussen MS, rook en die liggaam se immuunstelsel se riaksie met die Epstein-Barr virus, 'n toestand wat dikwels voorkom in mense met MS.
Die studie het bevind dat rokers is twee keer meer geneig om MS op te doen as diegene wat nog nooit gerook het.
Veelvuldige sklerose, (multiple sclerosis) 'n ongeneeslike toestand, is die mees algemene neurologiese siekte onder jong volwassenes en het `n uitwerking op ongeveer 2 miljoen mense wêreldwyd.
Die persoon wat rook stuur ook sy rookdampe in die lug sodat sy rookery ook die mense om hom vergiftig.
Daar is nog wat jy hierby kan voeg. Mense besef nie wat hulle aan hulself doen nie, net soos die wolf nie besef het dat hy sy eie bloed drink en hom self laat dood bloei nie.
Dit is selfvernietging wanneer mense hulself dood maak, dit is dieselfde as selfmoord. Terwyl hulle hiermee besig is besef hulle nie wat hulle doen aan hul familie en vriende nie!
1Kor 3:17-20 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle. Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
Mense rook nie in `n kerk nie, wat `n mens gemaakte gebou is, maar rook in die Tempel van die Heilige Gees wat hul liggaam is
1Kor 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Christus het mense gekoop, liggaam, siel en gees met sy eie bloed. Laat ons dan, versigtig wees wat ons doen met 'n ander se eiendom.

- Dit is ’n selfvernietigende weg om onbeheersd aan die luste van ons sondige natuur toe te gee.
- Dit is wanneer jy jouself dryf om jou innerlike begeertes na te jag. (Om tekorte in jou lewe te soek; liefde; erkenning; ens)
- Dit is ook wanneer jy innerlike seer wil verlig, deur jou liggaam af te breek en seer te maak.
- Dit is wanneer jy rebels is om ander mense wat jou seergemaak het terug te kry. Of om ander seer te maak om die seer in jou te verwerk.
- Dit is ook wanneer mense in valse godsdienste en valse sieninge gebruik om hulself dood te maak met die hoop dat hulle hemel toe sal gaan.