Verandering
“A bend in the road Is not the end of the Road unless you Fail to make The turn.”
"Dit is nie die sterkste mense wat oorleef nie, ook nie die mees intelligentste nie, maar eerder die mense wat verandering die beste kan hanteer."
Stel vas wat die verandering is of wat werklik verander het;
(skryf dit neer dit sal jou help met jou beplanning)
Veranderinge wat jou lewe verander.
Alle veranderings veroorsaak spanning vir die onbekende.
Alle mense hanteer dit verskillend hoewel daar algemene fases is waardeur veranderings plaas vind:
Dan is daar algemene stappe wat jy kan maak om die verandering beter te verwerk
God bly altyd in beheer, Hy sal jou nooit verlaat nie. God gebruik die negatiewe om jou nuwe uirdagings en gee en jou geloof in Hom te versterk. Geen verandering is nuut vir God nie, vertrou Hom wat ookal gebeur het!
Indien jy verandwoordelik is vir dit wat gebeur het; erken dit, belei dit en vergewe jouself. Ons maak almal foute, leer daardeur en verhoed dat dit weer gebeur.
Indien iemand anders daarvoor verantwoordelik is; vergewe die persoon, almal maak foute. Indien die persoon die met opset gedoen het, vergewe hom, moenie dat hy jou lewe beheer nie. Sien die vergifnis lering in "Herskep jouself" Jy sal dit kry in "Bybel studie" home.
Heb 12:26-29 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur.
Gevolgtrekking: Ons het almal `n wedloop om deur die wêreld te handloop. Moenie stilstaan en jouself jammer kry nie. Die lewe het sy moeilike tye en sy goeie tye, in die moeilike tye leer ons, onsself ken en besef ons dat ons afhanklik van God is. Wanneer alles net te veel raak, lees jou Bybel en buig voor God wat jou liefhet, wat jou geskep het en alles van jou en jou omstandighede weet. Vertrou jou Hemelse Vader en raak stil voor Hom sodat die sagte stem van die Heilige Gees jou kan lei.
Perus het weg gekyk van Jesus en na die storm gekyk en het amper verdrink.
Mat 14:29-31 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

- Wat het ek verloor?
- Wat het ek gewen?
- Wat verander?
- Hoe gaan die verandering my beinvloed?
- Hoe gaan die verandering my familie beinvloed?
- Wat kan jy verander?
- Wat kan nie verander word nie!
Veranderinge wat jou lewe verander.
- Verandering sal gebeur wanneer jy hoor dat jy terminal siek is.
- Wanneer jy`n geliefde verloor deur die dood.
- Wanneer jy skei.
- Wanneer jy genoodsaak is om te trek.
- Wanneer jy jou werk verloor.
- Enige verandering wat jou normale lewe verander.
Alle veranderings veroorsaak spanning vir die onbekende.
Alle mense hanteer dit verskillend hoewel daar algemene fases is waardeur veranderings plaas vind:
- Skok en vrees; Jy kan dit nie aanvaar nie en jy voel onseker en bang.
- Onkening; Jy aanvaar nie die verandering nie; dit voel onwerklik.
- Kwaad; “was dit nou nodig, hoekom gebeur dit nou?”
- Onderhandeling; “Wat kan ek doen om hierdie verandering te keer of te verander”
- Depressie; Jy voel magteloos en weet nie wat om te doen nie, wil dit wegsteek”
- Ondersoekking; Nou dat jy finaal die verandering ervaar het, maak jy planne om die verandering te verwerk en beplan jy die toekoms vorentoe
- Aanvaarding; Dit is wanneer jy aanvaar wat gebeur het en jy hou op om daarteen te veg.
Dan is daar algemene stappe wat jy kan maak om die verandering beter te verwerk
- Aanvaar die verandering. Daar sal altyd verandering wees. Raak rusting en stelvas wat werklik gebeur het en wat jy daaraan gaan doen.
- Verwag ontwrigting; moenie sleg voel as die moeilik is om te verwerk nie. Jy mag kwaad word en sleg vloel. Dit is nie verkeerd om emosineel te wees nie. Moenie jou gevoel en emosies terug hou nie laat dit uitvloei.
- Konsentreer op dit wat jy kan verander, en aanvaar wat jy nie kan verander nie
- Kyk wat jy hieruit kan leer. Verandering maak jou meer bewus van dit wat jy nie raak gesien het in jou lewe nie.
- Bou `n netwerk van mense met die dieselfde erfaring, of doen naforsing oor dit wat gebeur het.
- Versorg jouself moenie die lus om te lewe verloor nie. Kyk na jou liggaamlike, emosionele en geestelike ontwikkeling
- Moenie haastige besluite dadelik neem nie, tyd is baie belangrik hier om eers kalm te word en dan die regte besluit te neem. Neem alles en almal in ag voordat jy `n besluit neem. Onthou hierdie verandering gaan nie net oor jouself nie; jou geliefdes en vriende moet deel wees van jou besluit.
- Maak gebruik van dit wat tot jou beskikking is. Wat en wie het jou om hierdie verandering te gebruik om sukses te behaal.