Trauma.
Trauma is 'n reaksie op 'n intens stresvolle gebeurtenis of situasies. Die effekte kan langdurig wees, maar genesing is moontlik.
Trauma verwys na jou reaksie na 'n gebeurtenis wat jou sielkundig oorweldig, wat dikwels skok, ontkenning en veranderinge in die liggaam, gees en gedrag tot gevolg het.
Nie almal wat 'n traumatiese gebeurtenis ervaar het, sal langdurige gevolge hê nie. Ongeveer 20% van mense wat 'n traumatiese gebeurtenis ervaar, sal post-traumatiese stresversteuring (PTSD) ontwikkel, en baie ander kan steeds onderdrempelsimptome van posttraumatiese stres hê.
Algemene simptome na trauma sluit in:
Traumatiese stres kan ook in jou fisiese gesondheid verskyn. Liggaamsgebaseerde effekte staan bekend as somatiese simptome en kan die volgende insluit:
Wanneer 'n persoon 'n trauma ervaar vind daar nie net verskillende chemiese reaksies in die liggaamies plaas nie, maar die liggaam reageer ook op ('n) sekere manier(e). Die verloop van die traumareaksies kan in vier hoof fases ingedeel word naamlik:
Impakfase
Tydens die impakfase (die oomblikke wanneer die trauma plaasvind) ervaar persone een of meer van die volgende: 'n Lamheid, of gevoel van ongeloof ["dit kan tog nie wees nie"], distansiëring of onttrekking.
Reaksiefase
Tydens die reaksie op trauma vind daar verskeie liggaamsreaksies plaas.
Die Byniere skei ‘n groot hoeveelheid adrenalien uit en dit presenteer in ‘n veg, vries of vlug (soms ‘n oorgee) reaksie, Persone kan bo hul normale fisiese vermoëns reageer (bv hoog spring, iets baie swaar optel of iemand inhardloop). Hierdie bomenslike vermoëns is van korte duur. Soms beleef slagoffers van trauma die s.g. "Stockholm Sindroom" waar hulle positief voel oor hul traumatiseerders en hulle selfs beskerm.
Mense het dikwels amnesie van die traumatiese gebeure. Gebeure voor en na die trauma word onthou. In hierdie omstandighede skei die byniere groot hoeveelhede streshormone af wat die brein oorspoel. Daar word gepraat van die hipofise-pituïtêre-bynierdriehoek. Dit word begin as die amigdala boodskappe oor die waargenome traumatiese gebeure aan die res van die brein stuur. Op die hippokampus, wat met die geheue te make het, is daar reseptore vir die streshormone wat die geheuefunksie van die hippokampus belemmer en dus die persoon se vermoë om te onthou, uitskakel.
Sien die diagram hierbo.
Dit kan gebeur dat ‘n spontane terugflits deur ‘n foto, prentjie of beskrywing ‘n terugflits kan bewerkstellig
Dikwels word pyn en wonde eers ‘n tyd na die trauma opgemerk of beleef. Dit gebeur gewoonlik as gevolg van die afskeiding van ‘n ander tipe brein-chemikalieë, genoem ‘opiate’. Dit het ‘n besondere kragtige pyndodende effek.
J Goosen (The Real Disease of Trauma) beskryf die volgende sistematiese reaksies van die liggaam se kant af tydens trauma.
Terugtrekfase
Die volgende fase van die trauma behels Terugtrekking of Vermyding. Die streshormoon, Kortisol word saam met Adrenalien deur die byniere afgeskei. Nou probeer die persoon situasies en persone wat herinneringe aan die trauma bring vermy.
Drome en ander vorme van indringing soos terugflitse van die trauma kan presenteer. Persone is geneig om hiperversigtig te wees om ‘n herhaling van dieselfde trauma te vermy. Dit bring die aanhoudende afskeiding van streshormone te weeg wat weer lei tot erge fisiese uitputting.
Slagoffers mag selfs vermy om hulp te gaan soek, uit vrees dat hulle die trauma kan herbeleef. “Hind sight” is dikwels ‘n manier van terugkyk om die verloop van die trauma te verwerk.
Integrasiefase
Gedurende die integrasiefase keer al die hormoonvlakke weer terug na normaal en keer die liggaamsfunksies terug na normaal.
Indien ‘n persoon nie slaag om deur die trauma te werk nie kan post traumatiese stresversteuring (PTSV) ontwikkel.
Waar Kom Die Term "Trauma" Vandaan?
Die woord 'Trauma' is afgelei van 'n Griekse woord wat 'wond' beteken. Die term "trauma" word beide in die mediese omgewing en in die geesteswetenskaplike omgewing gebruik. Soos die liggaam wonde kan opdoen kan die innerlike menswees ook verwond word.
Defenisies
Die Instituut vir Traumatologie definieer ‘trauma’ as volg:
"'n Persoon het 'n trauma beleef indien hy of sy blootgestel was aan gebeure wat te make het met sy of haar lewensomstandighede of met sy of haar lewensfase (bv die oorgaan van een lewensfase na 'n ander of omstandighede a.g.v. 'n nuwe lewensfase wat die persoon onhanteerbaar vind) en wat tot gevolg het dat daardie persoon se gewone hanteringsmeganismes lamgelê is en ten minste een van die volgende effekte waargeneem kan word: daar is 'n element van gelatenheid. Daar is 'n diep, amper onomkeerbare verandering in 'n basiese lewensiening of oortuiging. Daar is 'n ernstige oorbelading van die mens se normale hanteringsmeganismes. Indien 'n mens 'n akuut ontstellende ervaring beleef het, maar dit beantwoord nie aan bogenoemde definisie nie, beleef die persoon 'n krisis." Retief, Y., 2004, Genesing vir trauma in die Suid-Afrikaanse konteks, Struik Christelike Boeke, Paarl
Ontlonting .
Wanneer moet dit gedoen word?
Dit Word Aanbeveel Om Nie Binne 72 Uur Vanaf ‘N Trauma Beleef Is ‘N Ontlontings-Gesprek Te Voer Nie. Sien Die Grafiese Voorstelling Vir Die Normale Verloop Van Die Verwerking Van ‘N Trauma.
Die belewing van trauma kan in verskillende fases verdeel word. Dit begin met ‘n Impakfase, gevolg deur ‘n Reaksiefase, ‘n Terugtrekfase en uiteindelik ‘n Integrasiefase.
Tydens die Impakfase vind daar verskeie biologiese reaksies plaas en veranderinge in die brein se Beta (Normale bewussyn), Theta (voorbewussyn) en Delta (onderbewussyn) golwe vind plaas.
Wanneer die brein in die Theta –toestand funksioneer, is dit asof dinge stadiger gebeur. Waarneming vind in ‘stadige aksie’ plaas. Die brein se vermoë om ervarings en waarnemings logies te kategoriseer word ook beïnvloed. Daarom is dit dikwels vir mense moeilik om gebeure na ‘n traumatiese ervaring in detail en logies te herroep.
Dit is een van die redes waarom dit nie sinvol is om ‘n ontladingsgesprek in hierdie tyd te doen nie. Dit is sinvol om die ontlonting te doen na die terugtrek fase. Tydens die reaksie fase is groot hoeveelhede adrenalien, kortisol, opiate en s.g. streshormone in die liggaam aktief.
Dit neem ongeveer 72 uur om weer na ‘normaal’ terug te keer. Dit is dan dat die ontlontingsgesprek eers sinvol kan plaasvind. Ontlonting is die gestruktureerde proses waardeur ‘n persoon/persone wat ‘n trauma beleef het, deur ‘n kundige persoon begelei word.
Tydens die proses word hul kognitiewe en emosionele belewenisse en indrukke van die traumatiese ervaring hersien en georden. Dit dra by tot die vermyding van langdurige emosionele skade wat moontlik na so ervaring kan volg.
LW. Selfs al is daar nie simptome nie is dit wenslik om, na afloop van sewe dae na die insident, traumaberading te ontvang. Dit sal gestruktureerde ontlonting [ontladingsgesprek] van die trauma verseker. Verder kan dit aanpassing bespoedig en latere Post Traumatiese Stres
Versteuring (PTSV/PTSD) voorkom.
Wat In Die Eerste 72 Uur Na Trauma Gedoen Kan Word.
In die eerste 72 uur na 'n trauma, wanneer groot hoeveelhede adrenalien en kortisol in die liggaam teenwoordig is en sinvolle berading onmoontlik is, moet trauma ondersteuning gedoen word.
Die tipe ondersteuning sal van situasie tot situasie verskil. Dit mag nodig wees om net "daar te wees" vir die getraumatiseerde persoon tot die inroep van hulp soos Paramedici, Polisie, Insleepdienste, kontak van naasbestaandes, persoonlike bemoediging en so meer. Hierdie eerste ondersteuning is meer dikwels die taak van 'n omstander, vriend, familielid of nooddienswerker. Dit is natuurlik steeds verkieslik dat 'n toegeruste berader die ondersteuning kan lewer.
Post Traumatiese Stresversteuring (PTSV)
POST TRAUMATIESE STRESVERSTEURING (PTSV), in Engels afgekort PTSD, is die gevolg van ou trauma wat nooit (volledig) deurgewerk is nie. Dikwels volg een trauma op 'n ander, soms soortgelyk (wanneer 'n kind oor 'n tydperk gemolesteer word, of 'n soldaat of polisieman in lewensbedreigende voorvalle betrokke was of enige ander soortgelyke vreesaanjaende situasie wat herhaaldelik beleef is. Ander kere volg verskillende traumas op mekaar en ontwikkel PTSV eensklaps.
In die volksmond het PTSV verskeie name gekry. Gedramatiseerde soldate, uit die operasionele gebied, het "Bossies geraak", "Bomskok gekry" of "Hulle varkies veloor". Van ander sou gesê word dat die persoon 'n "senuwee-ineenstorting " gekry het. Al die benamings dui daarop dat die persone afwykende gedrag vertoon. Emosioneel is hulle swaar belas en hulle funksionering binne die gesin, werkplek en sosiale kringe word benadeel.
Die gedrag van 'n persoon wat aan PTSV lei kan verskeie afwykings vertoon:
Ons kan die simptome in drie kategorië verdeel:
1.Her-belewing-simptome:
Herbelewingsimptome kan 'n persoon se daaglikse roetine omver werp. Dit kan innerlik wees en beperk wees tot 'n persoon se gedagtes en gevoelens. Woorde, dinge/objekte of situasies kan herinneringe aan die trauma oproep en die herbelewenis van die trauma veroorsaak.
2. Vermyding-simptome:
Dinge wat die persoon aan die trauma kan herinner kan vermydings-simptome uitlok Dit kan veroorsaak dat 'n persoon sy roetine/patrone verander bv. Na 'n motorongeluk wil die persoon nie meer bestuur nie.
3. Hipergevoeligheid-simptome:
Uitbarstings. (Volksmond: "Gooi hulle speelgoed vir niks uit die kot")
Hipergevoeligheids simptome is gewoonlik konstant. Dit word nie uitgelok deur dinge wat aan die trauma herinner nie. Dit is altyd daar en maak dit vir die persoon moeilik/onmoontlik om met daaglikse take aan te gaan, of om te slaap of om te eet of te konsentreer.
Dit is normaal om na 'n skrikwekkende (Trauma) geleentheid hierdie simptome te ervaar. (Terugtrekfase) Dit gaan normaalweg weg na 'n week of twee (Integrasiefase), Dit staan bekend as Akute Stres Versteuring (ASV/ASD). As die simptome nie weg gaan nie kan dit 'n aanduiding van PTSV wees. Mense met PTSV het dikwels vir maande nie simptome nie en dan duik die simptome eensklaps op.
Ontlonting.
Die afgelope paar jaar is daar baie gefokus op die uitwerking van traumatise gebeure op individue. Mense het dikwels dramatiese reaksies op hierdie buitengewone gebeure wat hulle oorweldig en omgekrap laat voel. Wanneer `n betekenisvolle krisis plaasvind, mag die betrokke individue daarby baat vind om oor hulle ervarings te praat, hetsy of in`n groep, afhangend van die omstandighede. Om hierdie rede is: ”trauma ontlonting” as `n metode bevorder ten einde te help met die genesing en oplossing. Navorsing toon `n beduidende afname in die ontwikkeling van Posttraumatiese Stres Afwyking as gevolg van die skynbare pro-aktiewe werking van trauma ontlonting.
Eienskappe Van Ontlading Of Ontlonting:
Doelwitte Van Ontlading
Beginsels Van Ontlading/ Ontlonting.
“BRAVE”
“PRESENT”
Individue of groeplede word vertel dat hulle erger mag voel gedurende die groepsessie maar dat die deel van indrukke of reaksies voordelig is in die lanktermyn.
Vertel wat gebeur het:
Oorvertel die storie; Feite fase.
Die volgende vrae kan gevra word:
Die traumatise ervaring moet oorvertel word in soveel detail as moontlik. Herhaalde oorverteling het die gevolg dat die aanvanklike vrees en afgryse ontlont en verlig word.
Die waarde in die deel van feite lê gedeeltelik daarin dat groeplede bewus word van detail wat slegs aan die individuele lid bekend was. Groeplede word daaruit gehelp om hulle aksies in perspektief te sien, om die situasie kognitief te verstaan en om dit in hulle persoonlike ervaring te integreer.
Die fokus is die “hier en nou” met ander woorde, die huidige situasie. Dit kan egter gebeur dat die huidige traumatise insidente vorige traumas in individue kan heraktiveer.
Denkfase
Vra vrae soos byvoorbeeld:
Gevoel fase.
Dit is veral belangrik dat die ontlonter en mende-ontlonter opregtheid, empatie en aanvaarding reflekteer. Groeplede moet nooit afgeskryf word of in enige opsig waardeloos voel op grond van die reaksies van die traumatoloë of ontlonters nie. Die gevoelfase neem gewoonlik die langste. Die volgende vrae kan gebruik word om die essensie van die groeplede se reaksies te staaf.
Metafore, bv. `n drukkoker wat ontplof wanneer die stoom aanhou opbou, kan gebruik word om lede aan te moedig om hulle emosies te ontlaai. Emosionele reaksies kan onder andere bestaan uit hartseer, vree, skok, woede (teenoor hom/haar, andere en /ook selfs teenoor God) en aggressie. Dit is gedurende hierdie fase dat die individuue ontdek dat hulle reaksies en gevoelens dieselfde is as die ander s’n.
Hersien (“reframe”) die skuld/selfblaam.
Ondersoek skuld en fantasieë.
Stresreaksie Fase.
In hiedie fase is die focus in die eerste plek op die fisiese en sielkundige simtome wat lede ervaar en in die tweede plek op oordra van inligting met betrekking tot die sters reaksie simtime.
Streshanterings Fase.
In hierdie fase word die groep aangemoedig om te dink aan effektiewe maniere wat hulle tydens vorige krisisse gebruik het en om dit met die groep ted eel. Voldoende tyd word gegee om die hanteringsmegganismes te beskreek en te normaliseer wat sommige van die lede huidiglik gebruik. Dit kan wissel tussen humor, de-humanisering, skep van afstand, volgehoue aktiwiteit om reflektering te voorkom en ander meganismes.
Bemeester die situasie.
Aan die einde van die ontlading/ontlonting sesie, moet enige areas wat nog nie aangespreek is nie, aandag kry.
Som die terugvoor op.
Die traumatoloog gee ook inligting oor hoe die individue kan vasstel of hulle verdere hulp benodig.
Wanneer simptome nie afneem binne 4 tot 6 weke (behalwe in die geval van `n rou proses wanneer simtome gewoonlik baie langer teenwoordig is)
Die moets en moenies van trauma berading.
Voorbeelde.
1 Ek is so diep aangeraak deur o.a. Mia Ashton se getuienis waarin sy vertel hoe sy haar man en 3 van 4 kinders almal in 6 jaar se tyd aan die dood moes afstaan. En dan ook die Mollers wie se 2 jarige seuntjie wat verlede week verdrink het. Dit het die vrae deur my kop laat maal: Wat moet jy sê of nie sê nie en wat moet jy doen of nie doen nie? Moet jy hoegenaamd iets sê of doen?
Mia, by name, en ook ander gewese trauma lyers:
2 Liewe Protea,
Dankie vir die voorreg om hier met julle te kan deel wat ek ervaar het tydens 'n baie donker tyd in my lewe.
As ek kortweg moet sê wat my staande gehou in daardie tyd: Slegs die Genade van my Heer. Maar die krag van Sy genade kan jy in daardie tyd net ervaar deur die mense wat jou ondersteun en vir jou bid.
3 As agtergrond kan ek net noem dat ek kort voordat Wilna oorlede is, (sy was 15 jaar oud en 'n diabeet) het ek 'n baie sterk begeerte gevoel om nader aan die Here te lewe. Ek het op ouderdom 7 my hart vir Jesus gegee. Tog was hierdie 'n dringende gevoel om Hom waarlik meer persoonlik te leer ken. Ek het saam met 'n goeie vriendin waarlik in diepte gesoek na Sy Wil en my opnuut aan Hom toegewy. Tydens hierdie tyd het ek gebid en God gevra dat as daar iets met enigeen van my kinders moet gebeur, Hy nie een sal neem voordat hy of sy nie Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het nie.
God het my gebed verhoor. Wilna was siek en in die hospitaal, maar soveel beter dat sy binne 'n dag of wat ontslaan sou word. Die laaste aand wat ek by haar gekuier het, het sy vir my vertel hoe lief sy Jesus het. Sy het die vorige nag nie goed gevoel nie en net gebid en daarna het sy lekker geslaap. Sy is daardie selfde aand oorlede weens 'n onverwagte komplikasie.
4 Somari was 11 jaar oud. Sy was ook 'n diabeet. Tydens 'n Bybelstudie wat ek vir swartvroue van die buurt gehou het en ons oor die Hemel gepraat het, het sy opgewonde gesê dat sy Jesus so lief het, dat sy haastig is om Hom te sien. 'n Week later was sy in haar Hemelse tuiste. Sy het skielik siek geword en 'n baie raar komplikasie van diabetes, breinswelling, opgedoen. Ek het haar vasgehou terwyl die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is en Jesus haar by my oorgeneem het.
5 Johann was 19 jaar oud. Drie dae voor sy dood (hy was 'n polisieman en gestasioneer op destyds Jan Smuts lughawe) het hy vir my gevra wat moet hy doen om waarlik sy hart vir Jesus te gee. Ek het met 'n hart wat oorloop van blydskap die Weg na Saligheid aan hom verduidelik. Sy antwoord was dat hy dit al gedoen het, hy wou net sekermaak van sy saak. Hy is drie dae later dood in ' motorongeluk. Die bestuurder van die motor was dronk en het oor 'n rooi verkeerslig gery en in 'n bus gebots.
So, die Heer het seker gemaak dat ek weet hulle was nou veilig by Hom. Maar dit het nie die smart minder gemaak nie, altans nie dadelik nie.
6 Veral toe Johann weg is, was ek baie kwaad vir God en het ek baie vrae vir Hom gevra. Ek het ook begin nagmerries kry dat ek nie 'n goeie ma was nie en as ek kan verbeter kan ek my kinders terugkry.
Vandag kan ek terugkyk en vir jou se dat dit al die gebede van my medegelowiges was wat my gedra het. Bid sonder ophou, elke keer wat daardie persoon in jou gedagtes kom. Dit het ook vir my baie beteken dat mense vir my gesin help kosmaak het. Hulle het ook die ander kinders skool toegeneem, vir my uitgeneem vir 'n koppie tee en partykeer net sommer by my kom sit of my selfs begraafplaas toe geneem en saam met my daar gesit en huil.
7 Ek dink nie daar is te veel moenies nie. Vir my was dit net swaar as mense vir my gesê het ek moet sterk wees omdat ek 'n Christen is of ek mag nie vra waarom nie.
Die eerste jaar na 'n kind se dood is die ergste. Elke keer met 'n verjaarsdag of Kersdag dink jy daaraan dat verlede keer was hulle nog by jou. Maar dit is ook moeilik wanneer mense verwag dat jy na 'n paar maande weer 'normaal' moet wees. Hulle voel ongemaklik as jy oor jou kind wil praat en al wat jy wil doen is praat. Dis asof jy seker wil maak niemand vergeet haar nie. Mense begin jou vermy, asof hulle nie weet hoe om jou te hanteer nie. Dit het my baie eensaam laat voel. Ek het een goeie vriend gehad wat my goed geken het en geweet het wanneer ek net moet praat, anders sal ek my verstand verloor. Na 'n kind se dood is die lewe nooit weer dieselfde nie. Jy kom nooit daaroor nie, jy leer om daarmee saam te leef. Hoe iemand wat nie 'n christen is dit doen, gaan my verstand te bowe.
8 Ek het baie baie lank oor my kinders en later my man getreur. God het egter die behoefte op my hart gele om te begin om positief iets vir ander te doen. Daar het 'n geleentheid gekom om sendingwerk in Mozambiek te gaan doen en hier het ek waarlik my persoonlike ontmoeting met Jesus gehad. Kon ek ook soos Job sê: "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U se, maar nou het ek U self gesien." Hy het my bevry van die gees van droefheid wat soos 'n juk op my gele het, en ek het begin om Hom te loof.
Vandag kan ek terugkyk en se dat ek Hom dank dat Hy my waardig geag het om drie kinders aan my sorg toe te vertrou wat Hy geweet het Hy spoedig weer sou terugneem. Ek het ook geleer dat my kinders is en was my vreugde, maar Jesus IS MY LEWE. Ek kan in hierdie lewe sonder hulle lewe, maar nie sonder Hom nie. Ek gaan hemel toe nie om by hulle te wees (dit ook) maar by my Heiland vir wie ek meer liefhet as enigiemand anders.
9 My enigste oorlewende dogter, Arina is ook 'n diabeet. Sy was maar een jaar oud toe sy diabetes tipe 1 geword het. Destyds was haar lewensverwagting 15 jaar. Sy word nou 43 en ek het een kleinseun wat 'n wonderwerk is. God is groot en goed en Sy Genade is en was nog altyd so oorweldigend in my lewe. Ps 28 v 6: Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor. ............. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
Hoop nie my skrywe is te lank nie.
Liewe Mia,
Baie dankie vir jou BAIE insiggewende inset. Ek hoop nie ek het te veel wonde oopgekrap in die proses nie. Dis om ander met hulle einas te help dat ek die 'eina-vrae' stel.
Een van die 'moenies' wat jy ook noem en ek self aan skuldig is , is om die betrokke mense te vermy omdat jy nie weet wat om vir hulle te sê nie. Iets wat ook hieruit voortvloei is om nie die onderwerp van hartseer te vermy wanneer jy wel met die mense gesels nie. Al moet jy dan vir die mense 'help huil' soos in die bekende verhaaltjie vertel word. Want hulle WIL oor die persoon praat wat oorlede is. Die praat en vertel maak n baie belangrike deel uit van die rouproses.
Nog n 'moenie' wat ek as belangrik beskou (help my reg as dit nie so is nie) is om nie die rouproses te probeer omseil nie. Ek dink dit was Lien Q wat n werkstuk moes ingee waar die 5 stappe in die rouproses so mooi uiteengesit is nl.
5 Aanvaarding. Natuurlik sal jy daardie kind of vriend of familielid nooit kan vergeet nie, maar ek glo tog dat die skerpheid van die hartseer tog met die tyd minder raak.
My eie pappie het na my mammie se dood (hulle het ook n wonderlike huwelik gehad) net op n stoel gaan sit en gewag op die dood. Na sy dood het ons AL die anti-depressante wat my broer vir hom voorgeskryf het in sy badkamerkassie gekry. Hy was SO diep in depressie dat hy nie helder kon dink of besluite kon neem nie. Want ons dink hy het so geredeneer: As hy die anti-depressante drink gaan hy beter voel en dan gaan hy nie dood nie, so voel dan eerder sleg, dan is jou kanse om dood te gaan darem beter. Enigiets om net so gou as moontlik by mamma uit te kom.... Ek spot nie nou nie en het lank na Pappa se dood hom vergewe omdat hy nie wou toelaat dat ons hom help nie.
Mia, is jy ook deur al daardie fases van rou?
Liewe Protea
Moenie bekommerd wees nie, jy het nie wonde oopgekrap nie. Inteendeel het dit my tog goed gedoen om daaroor te praat en miskien iemand te help, hoe klein die deel ookal is.
Ek het deur al daai prosesse van rou gegaan, maar dit het my vreeslik lank geneem. Ek was nog nie halfpad nie, dan moes ek weer van vooraf begin. Ag, ek wil tog nie klink of ek kla nie, nee dit was net baie moeilik. My man was ook 'n alkolis en het hom ontrek van my. Hyself het baie swaar gekry. Ons huwelik het geweldig gely. In my proses van rou wou ek somtyds kortpad vat, het enigiets gesoek wat die geweldige pyn te kon verlig. Ek wou ook net doodgaan, tot my dogter Arina vir my gevra het en wat dan van hulle wat nog lewe. Veral my familie wou gehad het ek moet net berus punt. Ek kon nie!!! Ek sal so graag wil hoor wat ander mamma's vir ons kan vertel.
Dankie vir hierdie draad weereens. Wens daar was jare gelede al so webwerfie vir Jesus. Ek weet net dit is baie belangrik om veral na so twee of drie maande na die dood van 'n kind nogsteeds die ouers te besoek en te bemoedig. Dit is bitter swaar om so alleen te rou.
'n Rustige nag vir jou.

- Indringende gedagtes, insluitend terugflitse of nagmerries.
- Vermy dinge wat jou aan die trauma herinner, insluitend mense, plekke of voorwerpe.
- Hiperwaaksaamheid, of om baie bewus te wees van gevaar.
- Word maklik geskrik of "springerig"
- Word geaktiveer deur snellers wat jou aan die trauma herinner, hetsy bewustelik of onbewustelik.
- Veranderinge in hoe jy jouself sien, soos om te glo dat jy "sleg" is of oormatige skuldgevoelens of skaamte voel.
- 'n klein venster van verdraagsaamheid, wat beteken dat jy maklik oorweldig voel of sukkel om jou emosies te beheer.
Traumatiese stres kan ook in jou fisiese gesondheid verskyn. Liggaamsgebaseerde effekte staan bekend as somatiese simptome en kan die volgende insluit:
- Chroniese pyn
- Slaapprobleme
- Borspyn
- Hoofpyne
- Chroniese pyn
Wanneer 'n persoon 'n trauma ervaar vind daar nie net verskillende chemiese reaksies in die liggaamies plaas nie, maar die liggaam reageer ook op ('n) sekere manier(e). Die verloop van die traumareaksies kan in vier hoof fases ingedeel word naamlik:
- Impakfase
- Reaksiefase
- Teugtrekfase
- Integrasiefase
Impakfase
Tydens die impakfase (die oomblikke wanneer die trauma plaasvind) ervaar persone een of meer van die volgende: 'n Lamheid, of gevoel van ongeloof ["dit kan tog nie wees nie"], distansiëring of onttrekking.
Reaksiefase
Tydens die reaksie op trauma vind daar verskeie liggaamsreaksies plaas.
Die Byniere skei ‘n groot hoeveelheid adrenalien uit en dit presenteer in ‘n veg, vries of vlug (soms ‘n oorgee) reaksie, Persone kan bo hul normale fisiese vermoëns reageer (bv hoog spring, iets baie swaar optel of iemand inhardloop). Hierdie bomenslike vermoëns is van korte duur. Soms beleef slagoffers van trauma die s.g. "Stockholm Sindroom" waar hulle positief voel oor hul traumatiseerders en hulle selfs beskerm.
Mense het dikwels amnesie van die traumatiese gebeure. Gebeure voor en na die trauma word onthou. In hierdie omstandighede skei die byniere groot hoeveelhede streshormone af wat die brein oorspoel. Daar word gepraat van die hipofise-pituïtêre-bynierdriehoek. Dit word begin as die amigdala boodskappe oor die waargenome traumatiese gebeure aan die res van die brein stuur. Op die hippokampus, wat met die geheue te make het, is daar reseptore vir die streshormone wat die geheuefunksie van die hippokampus belemmer en dus die persoon se vermoë om te onthou, uitskakel.
Sien die diagram hierbo.
Dit kan gebeur dat ‘n spontane terugflits deur ‘n foto, prentjie of beskrywing ‘n terugflits kan bewerkstellig
Dikwels word pyn en wonde eers ‘n tyd na die trauma opgemerk of beleef. Dit gebeur gewoonlik as gevolg van die afskeiding van ‘n ander tipe brein-chemikalieë, genoem ‘opiate’. Dit het ‘n besondere kragtige pyndodende effek.
J Goosen (The Real Disease of Trauma) beskryf die volgende sistematiese reaksies van die liggaam se kant af tydens trauma.
- Sout en water retensie – Dit help met die balans as ekstra hormone in die bloedstroom invloei.
- Mobilisasie van suiker – Dit voed die brein en ander selle wat baie aktief raak tydens trauma
- Aktivering van stolling – Dit verseker dat bloedstolling in oop wonde plaasvind en bloedverlies verminder word.
- Inflammasie – Dit verseker verhoogde witbloed selle wat dooie weefsel en bakterieë kan verorber.
Terugtrekfase
Die volgende fase van die trauma behels Terugtrekking of Vermyding. Die streshormoon, Kortisol word saam met Adrenalien deur die byniere afgeskei. Nou probeer die persoon situasies en persone wat herinneringe aan die trauma bring vermy.
Drome en ander vorme van indringing soos terugflitse van die trauma kan presenteer. Persone is geneig om hiperversigtig te wees om ‘n herhaling van dieselfde trauma te vermy. Dit bring die aanhoudende afskeiding van streshormone te weeg wat weer lei tot erge fisiese uitputting.
Slagoffers mag selfs vermy om hulp te gaan soek, uit vrees dat hulle die trauma kan herbeleef. “Hind sight” is dikwels ‘n manier van terugkyk om die verloop van die trauma te verwerk.
Integrasiefase
Gedurende die integrasiefase keer al die hormoonvlakke weer terug na normaal en keer die liggaamsfunksies terug na normaal.
Indien ‘n persoon nie slaag om deur die trauma te werk nie kan post traumatiese stresversteuring (PTSV) ontwikkel.
Waar Kom Die Term "Trauma" Vandaan?
Die woord 'Trauma' is afgelei van 'n Griekse woord wat 'wond' beteken. Die term "trauma" word beide in die mediese omgewing en in die geesteswetenskaplike omgewing gebruik. Soos die liggaam wonde kan opdoen kan die innerlike menswees ook verwond word.
Defenisies
Die Instituut vir Traumatologie definieer ‘trauma’ as volg:
"'n Persoon het 'n trauma beleef indien hy of sy blootgestel was aan gebeure wat te make het met sy of haar lewensomstandighede of met sy of haar lewensfase (bv die oorgaan van een lewensfase na 'n ander of omstandighede a.g.v. 'n nuwe lewensfase wat die persoon onhanteerbaar vind) en wat tot gevolg het dat daardie persoon se gewone hanteringsmeganismes lamgelê is en ten minste een van die volgende effekte waargeneem kan word: daar is 'n element van gelatenheid. Daar is 'n diep, amper onomkeerbare verandering in 'n basiese lewensiening of oortuiging. Daar is 'n ernstige oorbelading van die mens se normale hanteringsmeganismes. Indien 'n mens 'n akuut ontstellende ervaring beleef het, maar dit beantwoord nie aan bogenoemde definisie nie, beleef die persoon 'n krisis." Retief, Y., 2004, Genesing vir trauma in die Suid-Afrikaanse konteks, Struik Christelike Boeke, Paarl
Ontlonting .
Wanneer moet dit gedoen word?
Dit Word Aanbeveel Om Nie Binne 72 Uur Vanaf ‘N Trauma Beleef Is ‘N Ontlontings-Gesprek Te Voer Nie. Sien Die Grafiese Voorstelling Vir Die Normale Verloop Van Die Verwerking Van ‘N Trauma.
Die belewing van trauma kan in verskillende fases verdeel word. Dit begin met ‘n Impakfase, gevolg deur ‘n Reaksiefase, ‘n Terugtrekfase en uiteindelik ‘n Integrasiefase.
Tydens die Impakfase vind daar verskeie biologiese reaksies plaas en veranderinge in die brein se Beta (Normale bewussyn), Theta (voorbewussyn) en Delta (onderbewussyn) golwe vind plaas.
Wanneer die brein in die Theta –toestand funksioneer, is dit asof dinge stadiger gebeur. Waarneming vind in ‘stadige aksie’ plaas. Die brein se vermoë om ervarings en waarnemings logies te kategoriseer word ook beïnvloed. Daarom is dit dikwels vir mense moeilik om gebeure na ‘n traumatiese ervaring in detail en logies te herroep.
Dit is een van die redes waarom dit nie sinvol is om ‘n ontladingsgesprek in hierdie tyd te doen nie. Dit is sinvol om die ontlonting te doen na die terugtrek fase. Tydens die reaksie fase is groot hoeveelhede adrenalien, kortisol, opiate en s.g. streshormone in die liggaam aktief.
Dit neem ongeveer 72 uur om weer na ‘normaal’ terug te keer. Dit is dan dat die ontlontingsgesprek eers sinvol kan plaasvind. Ontlonting is die gestruktureerde proses waardeur ‘n persoon/persone wat ‘n trauma beleef het, deur ‘n kundige persoon begelei word.
Tydens die proses word hul kognitiewe en emosionele belewenisse en indrukke van die traumatiese ervaring hersien en georden. Dit dra by tot die vermyding van langdurige emosionele skade wat moontlik na so ervaring kan volg.
LW. Selfs al is daar nie simptome nie is dit wenslik om, na afloop van sewe dae na die insident, traumaberading te ontvang. Dit sal gestruktureerde ontlonting [ontladingsgesprek] van die trauma verseker. Verder kan dit aanpassing bespoedig en latere Post Traumatiese Stres
Versteuring (PTSV/PTSD) voorkom.
Wat In Die Eerste 72 Uur Na Trauma Gedoen Kan Word.
In die eerste 72 uur na 'n trauma, wanneer groot hoeveelhede adrenalien en kortisol in die liggaam teenwoordig is en sinvolle berading onmoontlik is, moet trauma ondersteuning gedoen word.
Die tipe ondersteuning sal van situasie tot situasie verskil. Dit mag nodig wees om net "daar te wees" vir die getraumatiseerde persoon tot die inroep van hulp soos Paramedici, Polisie, Insleepdienste, kontak van naasbestaandes, persoonlike bemoediging en so meer. Hierdie eerste ondersteuning is meer dikwels die taak van 'n omstander, vriend, familielid of nooddienswerker. Dit is natuurlik steeds verkieslik dat 'n toegeruste berader die ondersteuning kan lewer.
Post Traumatiese Stresversteuring (PTSV)
POST TRAUMATIESE STRESVERSTEURING (PTSV), in Engels afgekort PTSD, is die gevolg van ou trauma wat nooit (volledig) deurgewerk is nie. Dikwels volg een trauma op 'n ander, soms soortgelyk (wanneer 'n kind oor 'n tydperk gemolesteer word, of 'n soldaat of polisieman in lewensbedreigende voorvalle betrokke was of enige ander soortgelyke vreesaanjaende situasie wat herhaaldelik beleef is. Ander kere volg verskillende traumas op mekaar en ontwikkel PTSV eensklaps.
In die volksmond het PTSV verskeie name gekry. Gedramatiseerde soldate, uit die operasionele gebied, het "Bossies geraak", "Bomskok gekry" of "Hulle varkies veloor". Van ander sou gesê word dat die persoon 'n "senuwee-ineenstorting " gekry het. Al die benamings dui daarop dat die persone afwykende gedrag vertoon. Emosioneel is hulle swaar belas en hulle funksionering binne die gesin, werkplek en sosiale kringe word benadeel.
Die gedrag van 'n persoon wat aan PTSV lei kan verskeie afwykings vertoon:
Ons kan die simptome in drie kategorië verdeel:
1.Her-belewing-simptome:
- Terugflitse (Flashbacks) — herhaaldelike herbelewing van die trauma, insluitend die fisiese simptome soos versnelde hartklop en angssweet.
- Nagmerries.
- Vreesaanjaende gedagtes.
Herbelewingsimptome kan 'n persoon se daaglikse roetine omver werp. Dit kan innerlik wees en beperk wees tot 'n persoon se gedagtes en gevoelens. Woorde, dinge/objekte of situasies kan herinneringe aan die trauma oproep en die herbelewenis van die trauma veroorsaak.
2. Vermyding-simptome:
- Bly weg van plekke, geleenthede of objekte wat die aan die trauma herinner.
- Emosionele doodsheid/afgetrokkenheid.
- Skuldgevoelens, depressie of bekommernis.
- Verloor belangstelling in dinge wat in die verlede genotvol was.
- Wil nie/kan nie die trauma onthou nie.
Dinge wat die persoon aan die trauma kan herinner kan vermydings-simptome uitlok Dit kan veroorsaak dat 'n persoon sy roetine/patrone verander bv. Na 'n motorongeluk wil die persoon nie meer bestuur nie.
3. Hipergevoeligheid-simptome:
- Skrik maklik.
- Altyd gespanne en "op die randjie, geirriteerdheid.
- Sukkel om te slap.
Uitbarstings. (Volksmond: "Gooi hulle speelgoed vir niks uit die kot")
Hipergevoeligheids simptome is gewoonlik konstant. Dit word nie uitgelok deur dinge wat aan die trauma herinner nie. Dit is altyd daar en maak dit vir die persoon moeilik/onmoontlik om met daaglikse take aan te gaan, of om te slaap of om te eet of te konsentreer.
Dit is normaal om na 'n skrikwekkende (Trauma) geleentheid hierdie simptome te ervaar. (Terugtrekfase) Dit gaan normaalweg weg na 'n week of twee (Integrasiefase), Dit staan bekend as Akute Stres Versteuring (ASV/ASD). As die simptome nie weg gaan nie kan dit 'n aanduiding van PTSV wees. Mense met PTSV het dikwels vir maande nie simptome nie en dan duik die simptome eensklaps op.
Ontlonting.
Die afgelope paar jaar is daar baie gefokus op die uitwerking van traumatise gebeure op individue. Mense het dikwels dramatiese reaksies op hierdie buitengewone gebeure wat hulle oorweldig en omgekrap laat voel. Wanneer `n betekenisvolle krisis plaasvind, mag die betrokke individue daarby baat vind om oor hulle ervarings te praat, hetsy of in`n groep, afhangend van die omstandighede. Om hierdie rede is: ”trauma ontlonting” as `n metode bevorder ten einde te help met die genesing en oplossing. Navorsing toon `n beduidende afname in die ontwikkeling van Posttraumatiese Stres Afwyking as gevolg van die skynbare pro-aktiewe werking van trauma ontlonting.
Eienskappe Van Ontlading Of Ontlonting:
- Opvoedkundige, Openlike, ondersteunende ervaring.
- Absolute vertroulikheid, Wat gesê word bly daar.
- Beperkte toegang aan slegs diegene wat direk deur die insedent geraak is.
- Ontwikkel om die algehele inpak van die traumatise gebeurtenis te verminder en om die genesingsproses te bespoedig.
- Die hoofdoel is om mense so gou as moontlik terug te plaas in hulle normale daaglikse aktiwiteite en hulle in staat te stel om gesonder sowel as meer tevrede met hulle lewens te wees.
Doelwitte Van Ontlading
- Voorkoming van Postttaumatiese Stres Afwyking; ontlading is pro-aktief en help om Postttaumatiese Stres Afwyking te verhoed.
- Die skepping van `n “veilige hawe” Om `n omgewing te skep waarin die individu of groep ondersteun en begelei kan word deur opgeleide ontlonters of traumatoloë.
- Herwinning van kontrole. Traumatiese gebeurtenisse laat `n mens gewoonlik magteloos en hulpeloos voel. Ontlading help die persoon om beheer terug te kry.
Beginsels Van Ontlading/ Ontlonting.
“BRAVE”
- B: Besig; hou hulle besig.
- R: Rus en ontspanning. `n Rusperiode moet toegelaat word as die geleentheid om innerlike reserwes weer aan te vul.
- A: “Awareness” Bewus wees van hulle behoeftes.
- V: Ventilering. Laat hulle toe om hulle gedagtes en gevoelens te lig.
- E: Emosionele ontlading. Moedig die verwagting van die hervatting van `n normale lewe aan. Individue moet aangemoedig word om teenoor vriende, gesins – en familielede emosioneel te ontlaai, veral tydens fir ontladings/ontlontings – proses.
- W: Welwillende omgewing wys dat mense omgee.
- A: Aliënasie, Voorkom dat vervreemding plaasvind en help hulle om ver as moontlik aan te gaan. Traumalotloë sowel as gesinslede of die bestuur moet voortdurend die individu se toestand en aanpassing monitor.
- S: “Survivors” (oorlewendes) moet hulle self sien as funksionele burgers en nie as siek mense nie.
“PRESENT”
- P: Proksimaal (nabyheid) Getraumatiese persone moet in die nabyheid van hulle huis of werkplek, verkieslik binne bereik van hulle direkte ondersteuningstrukture behandel word.
- R: Reaksies. `n Deeglike kennes van die reaksie simtome is noodsaaklik. Die “survivors (oorlewendes) die gesin, familie of vriende moet ingelig word dat die oorlewendes se reaksies as normal bestempel kan word in die lig van die abnormale ervaring.
- E: “Expectancy” Slegs die verwagting om weer `n normale lewe te lei, moet voorgehou word.
- S: Sekuriteit. Sorg vir veilige, praktiese en eenvoudige behandeling wat nie uigebreide diagnose/remediërende tegnieke by te voeg nie.
- E: Empatie. Dit verg dat traumatoloog of helper aandagtig na die oorlewende moet luister en herhaal wat die slagoffer gesê het, sonder om enige van sy eie opinies of idees by te voeg.
- N: Normale gedrag. Individue moet besef dat die simtome wat hulle ervaar normal is.
- T: Tydig. Die oorlewendes moet betyds bereik word sodat pro-aktief gereageer kan word teen die ontwikkeling van Posttraumatiesie Stres Afwyking.
Individue of groeplede word vertel dat hulle erger mag voel gedurende die groepsessie maar dat die deel van indrukke of reaksies voordelig is in die lanktermyn.
Vertel wat gebeur het:
- Nooi `n persoon uit om vry te voel om te praat en sy/haar storie soos wat hy/sy dit ervaar het.
- Lig die individue in dat hulle nie onderbreek sal word nie omdat hulle later gevra sal word om hulle storie weer te vertel in die volgende fase sodat seker gemaak kan word dat die fasiliteerder hom/haar reg verstaan het.
- Luister na feite, gevoelens en gedagtes.
- Reflekteer empatie
- Moenie die persoon onderbreek nie.
Oorvertel die storie; Feite fase.
Die volgende vrae kan gevra word:
- “As ek jou regverstaan het…..
- “Hoe het jy van die gebeurtenis gehoor?
- “Hoe het jy in kontak gekom met die situasie?
- “Wat het met jou gebeur?”
Die traumatise ervaring moet oorvertel word in soveel detail as moontlik. Herhaalde oorverteling het die gevolg dat die aanvanklike vrees en afgryse ontlont en verlig word.
Die waarde in die deel van feite lê gedeeltelik daarin dat groeplede bewus word van detail wat slegs aan die individuele lid bekend was. Groeplede word daaruit gehelp om hulle aksies in perspektief te sien, om die situasie kognitief te verstaan en om dit in hulle persoonlike ervaring te integreer.
Die fokus is die “hier en nou” met ander woorde, die huidige situasie. Dit kan egter gebeur dat die huidige traumatise insidente vorige traumas in individue kan heraktiveer.
Denkfase
Vra vrae soos byvoorbeeld:
- “Wat Was Jou Eerste Gedagte toe Jy op Die Incident afgekom Het?”
- “Wat Het Jy Gedink?”
- “Wie Het Ook So Gedink?”
Gevoel fase.
Dit is veral belangrik dat die ontlonter en mende-ontlonter opregtheid, empatie en aanvaarding reflekteer. Groeplede moet nooit afgeskryf word of in enige opsig waardeloos voel op grond van die reaksies van die traumatoloë of ontlonters nie. Die gevoelfase neem gewoonlik die langste. Die volgende vrae kan gebruik word om die essensie van die groeplede se reaksies te staaf.
- “Hoe het jy gevoel?”
- “Wat het jy ervaar?”
- Wie voel nog steed so?”
Metafore, bv. `n drukkoker wat ontplof wanneer die stoom aanhou opbou, kan gebruik word om lede aan te moedig om hulle emosies te ontlaai. Emosionele reaksies kan onder andere bestaan uit hartseer, vree, skok, woede (teenoor hom/haar, andere en /ook selfs teenoor God) en aggressie. Dit is gedurende hierdie fase dat die individuue ontdek dat hulle reaksies en gevoelens dieselfde is as die ander s’n.
Hersien (“reframe”) die skuld/selfblaam.
Ondersoek skuld en fantasieë.
Stresreaksie Fase.
In hiedie fase is die focus in die eerste plek op die fisiese en sielkundige simtome wat lede ervaar en in die tweede plek op oordra van inligting met betrekking tot die sters reaksie simtime.
Streshanterings Fase.
In hierdie fase word die groep aangemoedig om te dink aan effektiewe maniere wat hulle tydens vorige krisisse gebruik het en om dit met die groep ted eel. Voldoende tyd word gegee om die hanteringsmegganismes te beskreek en te normaliseer wat sommige van die lede huidiglik gebruik. Dit kan wissel tussen humor, de-humanisering, skep van afstand, volgehoue aktiwiteit om reflektering te voorkom en ander meganismes.
Bemeester die situasie.
Aan die einde van die ontlading/ontlonting sesie, moet enige areas wat nog nie aangespreek is nie, aandag kry.
Som die terugvoor op.
Die traumatoloog gee ook inligting oor hoe die individue kan vasstel of hulle verdere hulp benodig.
Wanneer simptome nie afneem binne 4 tot 6 weke (behalwe in die geval van `n rou proses wanneer simtome gewoonlik baie langer teenwoordig is)
- Wanneer simptome metertyd erger word.
- Wanneer die lid waarneembare persoonlikheidsveranderinge ondergaan, of wanneer ander persone aanmerkings daaroor maak.
- Moedig kameraderie aan.
- Oefening en gesonde diet behoort beklemtoon te word.
- Voordat die sesie beëndig word, is dit belangrik dat die groeplede weet waar addisionele hulp beskikbaar is.
Die moets en moenies van trauma berading.
Voorbeelde.
1 Ek is so diep aangeraak deur o.a. Mia Ashton se getuienis waarin sy vertel hoe sy haar man en 3 van 4 kinders almal in 6 jaar se tyd aan die dood moes afstaan. En dan ook die Mollers wie se 2 jarige seuntjie wat verlede week verdrink het. Dit het die vrae deur my kop laat maal: Wat moet jy sê of nie sê nie en wat moet jy doen of nie doen nie? Moet jy hoegenaamd iets sê of doen?
Mia, by name, en ook ander gewese trauma lyers:
- Wat het gemaak dat julle weer kon aangaan met julle lewens?
- Wat het julle weer hoop gegee?
- Wat het julle van mense verlang om vir julle te doen of te sê of nie te doen of te sê nie?
2 Liewe Protea,
Dankie vir die voorreg om hier met julle te kan deel wat ek ervaar het tydens 'n baie donker tyd in my lewe.
As ek kortweg moet sê wat my staande gehou in daardie tyd: Slegs die Genade van my Heer. Maar die krag van Sy genade kan jy in daardie tyd net ervaar deur die mense wat jou ondersteun en vir jou bid.
3 As agtergrond kan ek net noem dat ek kort voordat Wilna oorlede is, (sy was 15 jaar oud en 'n diabeet) het ek 'n baie sterk begeerte gevoel om nader aan die Here te lewe. Ek het op ouderdom 7 my hart vir Jesus gegee. Tog was hierdie 'n dringende gevoel om Hom waarlik meer persoonlik te leer ken. Ek het saam met 'n goeie vriendin waarlik in diepte gesoek na Sy Wil en my opnuut aan Hom toegewy. Tydens hierdie tyd het ek gebid en God gevra dat as daar iets met enigeen van my kinders moet gebeur, Hy nie een sal neem voordat hy of sy nie Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het nie.
God het my gebed verhoor. Wilna was siek en in die hospitaal, maar soveel beter dat sy binne 'n dag of wat ontslaan sou word. Die laaste aand wat ek by haar gekuier het, het sy vir my vertel hoe lief sy Jesus het. Sy het die vorige nag nie goed gevoel nie en net gebid en daarna het sy lekker geslaap. Sy is daardie selfde aand oorlede weens 'n onverwagte komplikasie.
4 Somari was 11 jaar oud. Sy was ook 'n diabeet. Tydens 'n Bybelstudie wat ek vir swartvroue van die buurt gehou het en ons oor die Hemel gepraat het, het sy opgewonde gesê dat sy Jesus so lief het, dat sy haastig is om Hom te sien. 'n Week later was sy in haar Hemelse tuiste. Sy het skielik siek geword en 'n baie raar komplikasie van diabetes, breinswelling, opgedoen. Ek het haar vasgehou terwyl die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is en Jesus haar by my oorgeneem het.
5 Johann was 19 jaar oud. Drie dae voor sy dood (hy was 'n polisieman en gestasioneer op destyds Jan Smuts lughawe) het hy vir my gevra wat moet hy doen om waarlik sy hart vir Jesus te gee. Ek het met 'n hart wat oorloop van blydskap die Weg na Saligheid aan hom verduidelik. Sy antwoord was dat hy dit al gedoen het, hy wou net sekermaak van sy saak. Hy is drie dae later dood in ' motorongeluk. Die bestuurder van die motor was dronk en het oor 'n rooi verkeerslig gery en in 'n bus gebots.
So, die Heer het seker gemaak dat ek weet hulle was nou veilig by Hom. Maar dit het nie die smart minder gemaak nie, altans nie dadelik nie.
6 Veral toe Johann weg is, was ek baie kwaad vir God en het ek baie vrae vir Hom gevra. Ek het ook begin nagmerries kry dat ek nie 'n goeie ma was nie en as ek kan verbeter kan ek my kinders terugkry.
Vandag kan ek terugkyk en vir jou se dat dit al die gebede van my medegelowiges was wat my gedra het. Bid sonder ophou, elke keer wat daardie persoon in jou gedagtes kom. Dit het ook vir my baie beteken dat mense vir my gesin help kosmaak het. Hulle het ook die ander kinders skool toegeneem, vir my uitgeneem vir 'n koppie tee en partykeer net sommer by my kom sit of my selfs begraafplaas toe geneem en saam met my daar gesit en huil.
7 Ek dink nie daar is te veel moenies nie. Vir my was dit net swaar as mense vir my gesê het ek moet sterk wees omdat ek 'n Christen is of ek mag nie vra waarom nie.
Die eerste jaar na 'n kind se dood is die ergste. Elke keer met 'n verjaarsdag of Kersdag dink jy daaraan dat verlede keer was hulle nog by jou. Maar dit is ook moeilik wanneer mense verwag dat jy na 'n paar maande weer 'normaal' moet wees. Hulle voel ongemaklik as jy oor jou kind wil praat en al wat jy wil doen is praat. Dis asof jy seker wil maak niemand vergeet haar nie. Mense begin jou vermy, asof hulle nie weet hoe om jou te hanteer nie. Dit het my baie eensaam laat voel. Ek het een goeie vriend gehad wat my goed geken het en geweet het wanneer ek net moet praat, anders sal ek my verstand verloor. Na 'n kind se dood is die lewe nooit weer dieselfde nie. Jy kom nooit daaroor nie, jy leer om daarmee saam te leef. Hoe iemand wat nie 'n christen is dit doen, gaan my verstand te bowe.
8 Ek het baie baie lank oor my kinders en later my man getreur. God het egter die behoefte op my hart gele om te begin om positief iets vir ander te doen. Daar het 'n geleentheid gekom om sendingwerk in Mozambiek te gaan doen en hier het ek waarlik my persoonlike ontmoeting met Jesus gehad. Kon ek ook soos Job sê: "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U se, maar nou het ek U self gesien." Hy het my bevry van die gees van droefheid wat soos 'n juk op my gele het, en ek het begin om Hom te loof.
Vandag kan ek terugkyk en se dat ek Hom dank dat Hy my waardig geag het om drie kinders aan my sorg toe te vertrou wat Hy geweet het Hy spoedig weer sou terugneem. Ek het ook geleer dat my kinders is en was my vreugde, maar Jesus IS MY LEWE. Ek kan in hierdie lewe sonder hulle lewe, maar nie sonder Hom nie. Ek gaan hemel toe nie om by hulle te wees (dit ook) maar by my Heiland vir wie ek meer liefhet as enigiemand anders.
9 My enigste oorlewende dogter, Arina is ook 'n diabeet. Sy was maar een jaar oud toe sy diabetes tipe 1 geword het. Destyds was haar lewensverwagting 15 jaar. Sy word nou 43 en ek het een kleinseun wat 'n wonderwerk is. God is groot en goed en Sy Genade is en was nog altyd so oorweldigend in my lewe. Ps 28 v 6: Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor. ............. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
Hoop nie my skrywe is te lank nie.
Liewe Mia,
Baie dankie vir jou BAIE insiggewende inset. Ek hoop nie ek het te veel wonde oopgekrap in die proses nie. Dis om ander met hulle einas te help dat ek die 'eina-vrae' stel.
Een van die 'moenies' wat jy ook noem en ek self aan skuldig is , is om die betrokke mense te vermy omdat jy nie weet wat om vir hulle te sê nie. Iets wat ook hieruit voortvloei is om nie die onderwerp van hartseer te vermy wanneer jy wel met die mense gesels nie. Al moet jy dan vir die mense 'help huil' soos in die bekende verhaaltjie vertel word. Want hulle WIL oor die persoon praat wat oorlede is. Die praat en vertel maak n baie belangrike deel uit van die rouproses.
Nog n 'moenie' wat ek as belangrik beskou (help my reg as dit nie so is nie) is om nie die rouproses te probeer omseil nie. Ek dink dit was Lien Q wat n werkstuk moes ingee waar die 5 stappe in die rouproses so mooi uiteengesit is nl.
- Ontkenning
- Woede
- 'Bargaining' met God.
- Intense hartseer en